Oom OuKoos Voorkamer

  • 0

Hello Oom OuKoos Voorkamer

Ek dink jy noem wat ons almal weet die waarheid is: Skel en venyn verhoed dat ’n konstruktiewe debat kan gebeur. Dit verhoed dat aanknoping gevind kan word oor sekere aspekte en verhard eenvoudig elkeen se eie wêreldbeskouing. Wouter het my tevore tereggewys oor presies dit, maar ’n tweede stem dryf dit nou goed tuis. Baie dankie vir jou goeie raad.

Dit gesê, die volgende stelling van jou, gerig aan Kobus oor die sogenaamde geleentheid wat hy bied aan ateïste, sou ek graag wou hê dat jy heroorweeg: "’n Geleentheid tot publisiteit wat totaal disproporsioneel is tot dit wat hulle idees verteenwoordig en dit wat hulle getalle regverdig." Sou jy verkies dat die wat nie saamstem nie, net omdat hulle ’n minderheid is, liewer nie gehoor word nie?

Mooibly

Gilgamesh

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top