Oom OuKoos Voorkamer en die einde van debat

  • 0

Hello Oom OuKoos Voorkamer

Indien dit aanvaar word dat jy ’n nuweling op die internet is, dan sal die “snydende geskel op mekaar”, inderdaad vir jou nuut en vreemd wees, maar die “snydende geskel” is juis die norm op die internet, dit is hoe “debat” op die internet geskied. Daarom SêNet se pogings om dit te probeer bekamp en ’n gesprek daar te probeer stel wat op die onderwerpe sal fokus in plaas daarvan om gedurig tot ’n “snydende geskel” te verval.

Dit noem ek metakritiek, die persoon word as persoon geskel, in plaas daarvan dat daar gefokus word op die onderwerpe onder bespreking te ondersoek en die argumente wat aan die onderwerp gekoppel kan word te probeer verwoord.

’n Cornelius Henn, sal gereeld kritiek klassifiseer as “haat en hoon”, “harteloosheid”, terwyl ’n persoon soos Comestor sonder om blik of te bloos ’n spesiale pleidooi as die “ou man” na vore gebring het.

Om in daardie konteks Kobus te isoleer as ’n slaaf van sy ego, is om die motiewe van almal se deelname hier te ignoreer, aangesien die motivering juis is om “jou” argument hier te publiseer aangesien “jy” mense wil oortuig van ’n sekere standpunt.

Die motivering is dus glad nie so ydel en suiwer nie, dit is ’n debat tot die end om “jou” argument te laat oorwin.

In die lig daarvan en die uitdagings wat bogenoemde bied, moet dit nog steeds erken word, hierdie is ’n openbare forum waar stellings gemaak kan word en kommentaar gelewer kan word en so in debat gegaan kan word.

Daarom, in plaas daarvan om net metakritiek te lewer, skryf ’n brief waarin jy Gilgamesh en Panda se argumente as ongeldig “bewys”.

Die Pew-studie is belangrik en waardevol en alhoewel ek op goeie voet met Kobus probeer verkeer, is dit duidelik dat die verslag deur hom misbruik was.

Kobus verwys gereeld na die sogenaamde “ware gelowiges” terwyl so klassifikasie volgens Pew nie bestaan nie:

Christians are diverse theologically as well as geographically, the new study finds. About half are Catholic. Protestants, broadly defined, make up 37%. Orthodox Christians comprise 12% of Christians worldwide. Other Christians, such as Mormons and Jehovah’s Witnesses, make up the remaining 1% of the global Christian population.

Net soos die moontlikheid dat 25% van die Sjinese bevolking Christen kan wees geen traksie vind in die Pew verslag nie en kan die besonderhede daarvan hier gevind word.

Because there are no truly nationally representative surveys of the religious affiliation of the Chinese public, only a rough estimate of the country’s Christian population is possible.

Pew is skepties, maar Kobus weet sonder enige twyfel.

Oom OuKoos Voorkamer in die konteks daarvan los die metakriteik, en bring ’n brief, met ’n grondige onderbou hoe Panda verkeerd is en bied weerstand met feite teen die “teenstanders wat ’n geleentheid om hulle idees te verkondig op ’n openbare platform. ’n Geleentheid tot publisiteit wat totaal disproporsioneel is tot dit wat hulle idees verteenwoordig en dit wat hulle getalle regverdig”.

Met jou huidige brief het jy die gesprek glad nie vorentoe beweeg nie, behalwe om gesprek op ’n gespreksforum te probeer blok, wat ’n kontradiksie in terme is.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top