Oom Jan Rap, kan ons kom?

  • 0

Liewe Oom,

Oom is reg, Pietie is nie so dom nie, hy is goed met somme. Maar my pa sê gedurig hy is 'n idioot en sê hom sleg, dat Pietie partykeer in die houtstoor gaan wegkruip en huil. My ma sê die dokters kan maklik sy oë regmaak, maar my pa is te vrek suinig om te betaal.

Ons kry maar swaar oom, my pa is 'n ongeskikte suurknol en sê ons gedurig sleg, nou die dag het hy my op die been geskop toe ek en Pietie op die vloer sit en dambord speel. Hy sê ek laat moedswillig vir Pietie wen, maar dit is nie so nie. Daar sit 'n blou kol bokant my knie en my been voel nou nog lam. Mens kan skaars glo my pa is bloedfamilie van oom, wat so 'n ordentlike mens is.

Oom, kan ek en Pietie nie maar by oom kom bly nie? En my meisie ook, ons is nou altwee sestien en kan vir onsself sorg. Ons kan 'n kamer deel, ek en sy en Pietie. My ma sê sy sal ook graag wil saamkom, maar sy voel nogal jammer vir my pa al slaan hy haar, want hy is pateties en wat sal van die ander kinders word? Ons kan tog nie almal by oom gaan bly nie.

Buitendien is my pa nie meer so sterk nie, my ma het nou die dag teruggeslaan met 'n vuishou, toe val hy en het hy skielik nie meer lus vir baklei nie, hy sê sy voet het kamma gegly. My ma knie baie deeg vir brood en vetkoek en haar arms is sterk. Sy kap ook hout, want my pa sit net heeldag voor die TV en bier drink, hy word al luier en slegter.

Oom, as ons daar is moet oom tog nie so baie aangaan oor Engels en Afrikaans soos oom altyd doen nie, my pa sê oom het 'n obsessie daarmee. My meisie is half Engels en praat maar deurmekaar en sy sal sleg voel as oom haar gedurig reghelp. Maar jinne, sy's mooi oom, sy het mooi boude en ek hou daarvan om met haar tiete te speel! Ons doen al die ding oom, amper elke dag! Gewoonlik doen ons dit in die houtstoor en Pietie weet alles, hy kruip agter die sakke steenkool weg en loer ons af.

Oom moet my dan sommer my leer kar bestuur sodat ek my liksensie kan kry as ek oud genoeg is. Maar oom kan partykeer vir my die kar leen, ek sal versigtig ry. Ek en my meisie gaan partykeer dans by die nagklubs en dan drink ons 'n paar biere, maar nie te veel nie. Oom sal ons darem seker genoeg sakgeld gee.

Oom, my pa weet nie ek skryf weer vir oom nie, as hy my uitvang met hierdie brief sal hy baie kwaad wees en dalk 'n beroerte kry, dan moet my ma hom ook nog oppas.

Ek moet nou maar afsluit. My ma en Pietie stuur groete.

Oom se verlangende neef,

Klein Jannie.

Sênet Briefskrywer Ontleder

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top