Jou gespottery met Mattityahu 27 is in swak smaak, baie swak smaak. Ek kan nie dink dat enige gelowige of ongelowige van enige kultuur dit amusant kan vind nie.
Jy kwoteer verse so jy het seker ’n Bybel. Nou waar praat die Bybel van zombies? Daar was nie een enkele zombie onder die wat opgestaan het nie, ek weet nie of ek dieselfde van die skrywers op SêNet kan sê nie.
As jy nie so ’n dwaas was nie, kon jy binne minute inligting oor Matt 27 gekry het op die internet en sodoende vermy het om so ’n gek van jouself te maak. Dis nou te laat, jy is nou bekend as ’n spotter en ’n gek. Gaan lees Proverbs 1:26, Galatians 6:7 en Psalm 2:14 en spot dan daarmee. Hou in gedagte dat dit wat jy sê weer opgehaal word op die dag van jou verhoor voor G_d. Al gehoor van wie laaste lag, lag die lekkerste?
Jy sluit jou brief af met ’n klap in die rigting van KdK. Daan, as jy met G_d spot om KdK by te kom, besin asseblief, hy is baie beslis nie verteenwoordigend van die geloof nie. As jy egter net spot omdat dit jou amuseer, wel, dis jou eie keuse en net jy sal daarvoor antwoord. If you buy the ticket, you WILL take the ride.
En wanneer jy nou regtig nie meer weet wat om met jouself te doen nie, gaan lees Yesha’Yahu (Jesaja) 26:19. Matt 27:50 ens is die vervulling daarvan. Onder andere.
Ek hoop van die ander wie jou gespottery gelees het bid vir jou.
Duitswester

