Oom Daan – goed en sleg

  • 0

Oom Daan

Jy weet, jy is ’n baie listige mens. Het dit al tevore gesê, nou weer – dit is hoe jy is.

Jy skrywe vir Tant Alie “stem jy saam dat jy nie ’n beter Christen is as Cornelius nie?” Wat dink jy van haar? Jy probeer haar uitlok!

In die eerste plek verstaan jy nie wat Tant Alie vir jou probeer verduidelik het nie (dit verbaas egter mos nie).

Maar kan jou onkunde só erg wees dat jy self nie kan sien dat Cornelius geen Christen is, nie (maar hy het dit ook tewens telkens self gesê, vir wat dít werd is)? Tant Alie is wél een. So, wil jy appels met aartappels vergelyk?

’n Christen is tog een wat vir Christus eer vir Wie HY werklik is en Hom nie probeer belaster deur allerlei vreemde etikette met Hom wil verbind nie en darem Sy Woord eer en glo. Jy sien mos, Cornelius doen dit nie.

Punt is – en dít is wat Tant Alie vir jou probeer sê en ek ook – ons as ware Christen gelowiges is nie vir mekaar onderling op ’n weegskaal nie. Elke Christen, hoe feilbaar, hoe groentjie, hoe ervare, is ewe geseënd om die HERE te ken en dien en ewe kosbaar. Nie-gelowiges (nie Christene) kom geensins hierby ter sprake nie.

Geen mens is beter as ’n ander mens, nie – maar die dinge wat mense doen, dié kan jy klassifiseer tussen goed en sleg, ook geen grysareas nie.

So is jy nie ’n beter mens as ek nie en ook natuurlik andersom en dieselfde vir Kerneels. Maar ek dien en eer die HERE met ’n opregte hart en dit is Goed want die HERE, Wie se werk ek doen, is Goed, maar jy verloën die HERE met ’n opregte hart en dit is sleg, want die satan, wie se werk jý doen, is sleg (omdat die HERE só sê). Kerneels probeer die twee, Goed en sleg saamflans en dit is vrotsleg.

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top