Oom Daan en die woordeboek

  • 0

Oom Daan, Oom Daan …

Kyk, hierdie poging van jou is darem ’n absolute juweel van onbegrip …

’n Mens sou dink jý trek daardie skoen aan wat jy na my kant toe uithou, of hoe?

Jy gaan darem sukkel om mense (behalwe jouself, want hoe anders kry jy dit reg, byvoorbeeld, om ’n ateïs te wees?) te oortuig dat “‘heidene’ en ‘onrein’ is van alle betekenis gestroop” dieselfde is as “… die HERE nié onderskeid tref tussen enige mens van welke nasie of ras ook al, nie …” Tag! Jy moet darem daardie woordeboek nadergetrek en begin leer wat is die betekenis van “heidene” en “onrein” aan die een kant en “nasie” of “ras” aan die ander kant, is. Jy sal straks vind dat daar géén ooreenkoms of analogie in betekenis is nie.

Maar nou ja, jy is my behulpsaam, Oompie, want ek sê juis mos die ou spulletjie ateïste het ’n skroef los iewers.

Laat iemand vir jou verduidelik Oompie – dit is jý met wie daar ernstig fout is. Kry vir jou iemand om te help met die inhoud van my briewe en vir jou kan verduidelik dat jy verstaan – ek weet jy ken sulke mense.

En terloops, Tant Alie is nié ’n gemene mens nie (jý kan wel báie gemeen wees, of hoe) en jy hoef nie gemeenheid by haar te veronderstel, net omdat jý so ’n streek het, nie en jou stekelrige byvoeglike naamwoorde vir haar hang soos albatrosse om jou eie nek. Maar, hoe sal jy dan nou weet?

Jou geheue is boonop ook maar kort al, want jý het my direk genooi om kommentaar te lewer oor die kwessie.

Ons weet mos.

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top