Oom Daan en die weegskaal

  • 0

Oom Daan

Om te sê iemand is ’n ware gelowige en die ander ’n ongelowige, beteken nie dat jy die weegskaal uithaal nie – in die eerste plek is dit ’n objektiewe waarneming, gemeet aan die hand van sekere objektiewe maatstawwe, van wat Christen is en nié is nie. Maar dit beteken nie dat iemand geweeg word, geoordeel word, nie. Dit is blote onderskeiding van ’n geloofsituasie soos mens dit aantref.

Maar jy het aanvanklik gepraat van Christene en van beter Christene en slegter Christene. Daar is net één soort Christen en dit is ware Christen – iemand wat werklik en opreg glo, menslike foute en al. As jy nie ’n ware Christen is nie, is jy gewoon nié ’n Christen nie. Onderling is daar nie beter of slegter, in die sin soos jý dit bedoel nie, al is almal nie ewe ver op daardie geloofsweg gevorder nie. “Beter” hier beteken maar net hoe vêr die Christen op die geloofspad al gevorder het in sy persoonlike verhouding met God, ter wille van sy eie geloofservaring en vervulling. Maar álle Christene is gewone mense met swakhede en voortreflikhede, soos enige ander mens. Die een is nie beter as die ander nie en die een kan dus nie ’n kwantitatiewe “beter” Christen as die ander wees, nie.

Van weegskaal onderling is daar dus nie sprake nie.

Nou oor die Woord – die Hoeksteen van die Woord is vergiffenis en nié veroordeling, soos jy verkeerdelik sê nie. Die Woord gaan juis daaroor oor hoe die mens veroordeling kan voorkom. Vir gelowiges so sons, ís daar geen straf of veroordeling nie en derhalwe het ons geen vrees nie – maar júlle ken vrees, vandaar julle gedurige gehamer daarop en jul pogings om dit op ons te projekteer. Ons is gelowiges omdat dit vir ons ’n vervullende ervaring en lewenswyse is en nié uit enig “vrees” nie.
Die kerk is nie net daar om mense te oorreed om hul sondes te laat vergewe nie (baie van dié wat dit eintlik moet hoor, soos jý, kom gewoon nie eens daar nie …) maar inderdaad om die vrug van geloof samesyn te geniet. Geloof en die werke daarvan, is ’n lewenswyse, vir die ware gelowige. Gelowiges wéét dat hulle hul sondes en oortredinge vergewe moet bely en vergiffenis ontvang en het nie die kerk nodig om dit te bewerkstellig nie. Maar jý wat dit só brood nodig het om daardie elementêre kwessie te begryp, kom nie eens in die kerk uit nie … Nee, die kerk het ’n báie wyer funksie en doel.

En wat vergiffenis aanbetref, ís dit moontlik dat alle mense vergiffenis kan ontvang, ook jý – kom meld net aan in opregtheid! Kom dan kerk toe daarna en álmal sal saam met jou daar daaroor juig.

Soos jy skrywe, is dit duidelik dat jy baie ernstige en fundamentele wanbegrippe het oor die geloofsgemeenskap en hul dinge … en die ergste is dat jy bang is jy word óók oortuig.

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top