Genade Oom Daan
Jy moet nie so ongeduldig raak nie … onthou, ek verstaan wat aangaan, maar jý nie. Jou ongeduld is dus met jouself, maar gee jouself ’n kans, toe?
Kom ek verduidelik vir jóú vir die soveelste keer. Jy haal vroeër Johannes 14:6 aan nadat jy die belang daarvan voorgesê is, maar plaas dat jy weer navraag doen voor jy dié brief skrywe.
Hier is dieselfde wat ek reeds verduidelik het, maar net in meer detail …
Jesus Christus is die Menslike verpersoonliking van die ewig bestaande Woord van God, Wie alreeds vir ewig bestaan as onlosmaaklike Woord-deel van die Godheid. Dit is deur en tot die Woord, Jesus Christus in Sy Godheid, wat alles tot stand gekom het (Johannes 1:1-5) … daarom is dit mos vir jou onsinnig om te insinueer dat Christus in Sy Wese eers tot stand gekom het deur die maagdelike geboorte. God het al interaksie en praat al van die begin af met mense – daardie “praat”, is juis God’s Woord, Wie as en in die hoedanigheid van, die HERE Jesus Christus op Sy tyd ook as Mens geïnkarneer het sowat 2000 jaar gelede. Beskou die Woord in die hoedanigheid van Jesus Christus as Mens se inkarnasie aarde toe, as ’n belangrike interfase sodat Hy daardeur ook as Middelaar (Verlosser, Messias) vir die ongelowige/onverloste wat gelowige/verloste mens word deur aanname van die HERE, voor die Godheid as Vader.
Daar is nie ’n kans dat jy in jou huidige toestand sal verstaan wat ek sê nie … en jy weet mos hoekom. Jou spiritualiteit het te veel van ’n afranseling deur jou jare as agnostikus deurgemaak. As jy sou kon, sou jy ook weet dat mense die HERE Jesus as Woord Spiritueel ken, dien en eer (gelowiges wie GLO in Wie hulle nie met die oog kan sien nie) lank vóór en ná sy Menslike geboorte, tot vandag toe én jy sou kon besef waarom dit vir die ewige Woord nodig was om as Mens terwille van die mensdom, te inkarneer.
Dus, die Woord, geïnkarneer as die HERE Jesus Christus, WAS nog áltyd die enigste Redder van die mensdom, IS dit steeds en SAL dit altyd bly. Daarom is mense al van die begin af tot vandag toe, gelowiges, omdat hulle God, die HERE, Spiritueel ken. Dit is juis in die hoedanigheid van die Drie-eenheid hoe die Woord Homself uniek onderskei – vandaar Johannes 14:6 – van al die ander vals persepsies van God soos dié wat, byvoorbeeld, deur Cornelius verkondig word.
Die opgestane gelowiges hét dus nog altyd vir Jesus as Woord geken, nog vóór Sy inkarnasie as Mens, soos ander gelowiges Hom vandag nog ken, nadat Hy lank reeds Hemel toe is, maar steeds Spiritueel met ons is, soos vóór sy Menslike inkarnasie (maagdelike geboorte deur die werking van Gees).
Verstaan dít – die Menslike tussenkoms as Middelaar is nie soseer vir die reeds gelowiges nie, want hulle is reeds verlos en was só (soos die opgestanes) vóór Die Woord in Jesus se inkarnasie aarde toe, maar juis vir jóú Oom Daan, die ongelowiges, sodat ook júlle sal glo.
“Markus 2:
17 Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
Groete,
Kobus de Klerk

