Oom Daan en die heidene en wette

  • 0

Oom Daan vra vir Duitswester oor die heidene en God, maar laasgenoemde ignoreer daardie vraag met die ’n selfverontskuldigende, onsinnige, lasterlik antwoord

Oom Daan is totaal verkeerd in sy aanname dat “begrippe soos ‘heidene’ en ‘onrein’ is van alle betekenis gestroop met die Messias se koms, want sedertdien is almal (Jode inkluis) gelyk voor God”. Allermins!
Die advent van die HERE Jesus Christus plaas juis die aksent op onderskeidende begrippe ‘heidene’, ‘onrein’, ‘rein’, ‘sondig’, ‘heilig’, ‘salig’, ‘boos’, ‘verdoem’, ‘verlos’, ens. Die advent van die Messias is juis om almal te verlos (vandaar die titel Messias) van dít wat maak dat hulle ‘heidene’, ‘onrein’, ‘sondig’, ‘boos’, ‘verdoem’, ens. Daarom sal elke mens wat nié die HERE Jesus Christus aanneem as verlosser nie, steeds ‘heidene’, ‘onrein’, ‘sondig’, ‘boos’, ‘verdoem’, ens bly.

Die gelykheid voor die HERE is pure genade en beteken eenvoudig dat die HERE nié onderskeid tref tussen enige mens van welke nasie of ras ook al nie en dat elkeen, hóé sondig ook al, voor Hom kan verootmoedig en bely en volkome verlossing ontvang – jou kans is dus net so goed soos dié van die misleide Duitswester of enige ander mens, om die HERE se verlossing te smaak nie.

Die Duitswesters van dié wêreld, meen dat hulle saligheid en ewige lewe kan verdien deur die streng nakoming van ’n stel uitgediende Godsdienswette. Hoe uiters mislei is hulle nie. Die HERE Jesus het ál daardie Godsdienswette vir ons kom volbring (Mattheus 15:17-19). Deurdat Hy vir ons die Godsdienswette kom volbring het, iets waartoe die mens uit sy eie nie in staat is nie, het die HERE vir ons die reeds volbragte stel wette in twee opgesom en ons beveel om dié na te kom in Sy Naam en in Sy Krag, naamlik:

Mattheus 22:
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Sien ook die gelykluidende Deuteronomium 6:5; 10:12; 30:6; Levitikus 19:18, 34, wat beteken dat die HERE Jesus Christus juis ook aarde toe gekom het om as voorbeeld te dien vir die nakoming van die Godsdienswette wat al die hele tyd/deurentyd bestaan het. Die HERE het nie nuwe wette gemaak nie, maar gewys hoe die reeds bestaandes in die Gees uitgeleef behoort te word en dit ook terselfdertyd reeds vervul.

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top