Maar hoe kom mens in geloof sonder om te glo? En hoe verwag jy moes mense vóór Christus se inkarnasie as Mens en Sy kruisiging en opstanding, daarin glo as voor dit nog gebeur het? Sien jy nie dat dit ’n bietjie dom vraag is nie? Wil jy dan in jou verstommende onkunde te kenne gee dat mense voor die advent van die HERE Jesus Christus as Mens en Middelaar nooit kon glo in die HERE, in God nie? Maar jy ís mislei … Wat dan van Adam, Abel, Henog, Noag, Abraham, Izak, Jakob, Eldad, Medad en die sewentig oudstes, Moses, Samuel, Dawid, Asaf, Heman, Gad, Jedi, Ganani en sy seun Jehu, Simson, Jedutun, Eliëser, Jagasiël, Elia, Elisa, Jesaja en sy vrou, Esegiël, Haggai, Sefanja, Habakuk, Jona, Amos, Nahum, Jeremia, Daniel, Joël, Maleagi, Obadja, Asarja, Semaja, Miga, Oded, Sagaria, Mirjam, Debora, Gulda, Noadja en nog talle meer, wie almal ’n persoonlike verhouding met die HERE gehad het nog vóór die HERE as die Seun van die Mens geïnkarneer het en gekruisig is en opgestaan het, en die talle mense daarna, tot vandag toe?
Jy sien, dié wie ’n ware verhouding met die HERE het, sál die Woord lees en koester en weet dat die Woord Waarheid is en getuig van die HERE vir Wie hulle persoonlik ken, want hulle ken die HERE en verstaan Sy Woord, ook die opgetekende deel daarvan.
Dus, as mens die HERE ken en wil ken, ken jy ook dit wat van die begin af met Hom gebeur het – soos opgeteken in die Woord – jy kan nie die HERE ken, en nie weet Wie Hy is en wat met Hom ter wille van jouself, gebeur het, nie. Daarom, as jy glo, glo jy ook die Woord. As jy die Woord glo, glo jy die HERE van die Woord en as jy die HERE van die Woord glo, glo jy in die God van die Woord en word dit jou geloof jou as Geregtigheid gereken.
Vir jóú gerief en onthalwe het die HERE van die Woord, omdat HY die Woord Self is, na die aarde gekom sodat ook jý kan glo, as jy jou hart nie so teen die HERE verhard nie.
Die verlossing van die mens lê nie in die Bybel, die bron van die opgetekende Woord nie, maar in die HERE van die Woord, die Woord, die Woord Self. Die Bybel, stel jou gerieflik bekend aan die Woord, sodat dit ook vir jóú maklik sal wees en ook jý die Woord kan aanneem om daardeur verlos te word. Daarom is dit vir jóú en vir enigiemand anders, nodig om te glo in die Woord, die opgetekende Woord, sodat julle verlos kan word, want die opgetekende Woord vertel die Waarheid van die Woord, die HERE. Ook die profete soos ek hierbo noem, weet dat die HERE die Woord is, (tóé nog nie volledig opgeteken nie) gekom het om die verlossing aand ie kruis te bewerkstellig en ook hulle glo daarin, want hulle ken reeds die HERE van die kruis, van die Woord. Maar daardie profete het gaandeweg die Woord opgeteken soos hulle dit ontvang het. Daarom, as jy die HERE ken, sal jy die Woord soos opgeteken, óók reeds aangeneem het en eer.
Die dag as jy werklik verstaan wat ek sê, daardie dag sal jou verlossing naby wees … en sal jy die verskil kan insien tussen wat ék sê en wat Cornelius op hierdie stadium ketter.
Groete en hou so aan. Jy sal nog deurbraak beleef …
Kobus de Klerk

