Oom Daan
Mens sukkel om vir julle iets aan die verstand te bring, want julle is maar net nie gewillig om te verstaan nie (ek kan my nie voorstel dat enigiemand werklik so dom kan wees nie, dus eerder ongewillig …)
Toe ek vir jou die “persoonlik” voorbeeld gebruik het, het ek ook die verduideliking daarby gesit – die verwysing na die apostels. Jy sien, hulle het die HERE in Persoon, as Mens by hulle, geken – nie net in die Gees nie, maar ook in die Vlees. Wat ek vir jou daardeur verduidelik is dat dit nie nodig was vir mens om die HERE só (ook in die samesyn in die vlees) te ken, om ’n geredde te wees nie. Maar daar is biljoene mense wat die HERE nie só ken nie, maar in die Gees, in die Spirituele realm.
Maar dit is goed om te sien jy wil die HERE se eer beskerm, selfs teen my – jy is natuurlik in die kol met jou aanhaling uit Johannes 14:6, want dit is die kruks van die saak, al het jy nou die kat al skrouende aan die stert beet wat die toepassing daarvan aanbetref – maar hou so aan, jy sál nog regkom. Johannes 14:6 beteken nie dat jy die HERE in Persoon IN DIE VLEES moet ken om ’n geredde gelowige te wees nie (en daarmee is jóú verskoning om Hom nie te wil ken nie, by die venster uit) – juis nie, maar dat jy jou ingesteldheid só moet inrig dat jy die HERE in die Gees, in die Spirituele dimensie, ken, want in dáárdie formaat is die HERE hier met ons en is Sy Woord juis die skakel na Hom. Jy is doen jouself enersyds ’n guns met jou studie van die Woord – maar aan die ander kant staan die gesindheid wat jy openbaar, jou in die pad om werklik te verstaan waarmee jy besig is, en kan jou, jou Lewe kos.
Groete,
Kobus de Klerk

