Onweer
Ek hou dit dop deur my teleskoop
Die slagveld is die naaste ding aan die dood
Ek sal jou wys waar die weerlig slaan in jou naam
En waar my tuin eens ’n speelgrond was
Dreig die gevaar my elke uur van die dag
Ek sien die monsters in jou agterplaas staan
Brug:
Ek skop onsierlike stof van my skoene af
Ek wil nie weet wie dit is vir wie die honde blaf
Want my hart is ’n masjiengeweer
My lyf ’n laer
My enigste hoop op geluk lê daar
Koor:
Die eens slapende wind waai bo my kop
En steel die dakke van die huise
Hier op die dorp
In elke venster is die ligte dood
Gordyne dig
Teen die onweer
Brug
Koor
![]() |



