Onvertelde stories van Afrikaans deur Ilse Salzwedel

  • 0

Titel: Onvertelde stories van Afrikaans
Skrywer: Ilse Salzwedel
Kategorie: Niefiksie: Kultuurgeskiedenis
Formaat: Sagteband: 160 x 225 mm
ISBN: 9780799356373

Wat op aarde kan ’n Georgiese prins en ’n tagtigjare Topnaar-oom uit die dorre Namibwoestyn met mekaar gemeen hê? Of ’n hedendaagse plaaswerker uit die Karoo met ’n Italiaanse sywurmboer van twee eeue gelede? En waar pas die riel, swart Afrikaners en Boesmans in?  Om nie eens te praat van die Duitse weeskinders van 1948 nie. Of die tannies van Touwsranten in die berge naby Wildernis, en die Rehoboth Basters van die vlaktes van Namibië.

Al hierdie mense het heeltemal niks met mekaar gemeen nie. Behalwe natuurlik Afrikaans. Party is Afrikaans gebore, party moes Afrikaans word om te kan oorleef.

Met hierdie boek wil Ilse Salzwedel stukkies van die onvertelde geskiedenis van Afrikaans help bewaar. En wys dat Afrikaans ’n taal is waarin mense van alle kleure kan lag en huil, sing en dans, oorlog maak, vrede maak, oorleef en, veral, lééf. 

Koop Onvertelde stories van Afrikaans by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za


 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top