Koos is in die stort toe hy ’n klop aan die deur hoor, hy besluit om dit te ignoreer. Na sy stort gaan kyk hy en sien iemand het ’n briefie gelaat, dit lees Openbaring 3:20. Koos slaan dit gou op en lees "Here, I am standing at the door knockin ..."
Koos besef dis die dominee wat daar was. Die Sondag daarna kry die dominee ’n briefie in die kolektebak wat sê Genesis 3:10. Die dominee slaan dit op en bars uit van die lag, dit sê: "I heard your voice in the garden, and I was afraid, because I was naked."


Kommentaar
Wys jou net op die universaliteit van die Bybel. ’n Mens kan dit vir absoluut enigiets gebruik. As die wind so deur die huis waai, gebruik ek my nuwe vertaling vir ’n deurstop. Dit werk uitstekend.
Wat jy sê laat nie die indruk dat jy gedink het voor jy gedoen het nie Angus. Dit is vir enige gelowige duidelik dat sou jy net vir ’n oomblik gedink het, jy sou gevind het dat ’n baksteen ’n veel beter en goedkoper "doorstop" maak.
Duitswester,
Hier in my kontrei is daar sover die oog kan sien, geen baksteen nie. Om so iets te bekom moet ek my wend na die naaste steenmakery, sowat 32 km hiervandaan. Daar moet ek 500 bakstene koop, want hulle wil nie minder van die hand sit nie. Wat maak ek nou met 499 bakstene? My huis het nou wel 19 deure, maar drie is skuifdeure en my vrou sal nie bakstene op haar vloere toelaat nie. Ek het 17 Bybels, dus waarom nie een van hulle nuttig gebruik nie?