ontwaking
ek ruk wakker van ’n geblêr
’n straatkind staan op
’n nuwe lied
rek haar bek
skaap word geskeer
ék, met woljapon en koffie
maak skaars my mond oop
al is ek ’n voor-in-die-koor
eerste sopraan
met ’n klaviergraad of tien
onder die knie
getatoeëer

