"Ontmasker" deur Wesley Conradie

  • 0

Ontmasker

My held het geval en hy's gewond
Paniekbevange hardloop ek rond
Ek voel so hulpeloos en verlore
Opsoek na antwoorde, wat kan ek doen?

REFREIN:
Helde het ook helde nodig
Wat's jou verskoning?
Wat hou jou terug?
Breek jou masker
skeur jou mantel
Jy's perfek nes jy is

Ek het geval en ek is gewond
My gebroke hart lê orals rond
Maar wat's die groot prentjie?
Ek wil verstaan, wat's die groot doel?

REFREIN:
Helde het ook helde nodig
Ek het geen verskoning
Ek hou myself terug
Breek my masker
skeur my mantel
en wys my wie ek is

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top