Onthou om vanaand sterre en planete te kyk

  • 2

Hallo,

Onthou om vanaand (Vrydag 24 Feb.) wes te kyk! Die drie planete Mercurius, Venus en Jupiter oorheers saam met die maan die hemelruim in die weste. Die maan is 399 446 km vanaf die aarde af met Mercurius en Venus onderskeidelik  439 en 354 keer verder en Jupiter, 5.7 keer verder as Venus. Jupiter is dus anderkant die son. Let op na die aardskyn op die maan se donkerkant. Mercurius sit taamlik laag en gaan vroeg onder. Moet dus nie te laat kyk nie.

Die Pleiades (Sewe Susters) en die Hyades met die prominente rooireus Aldebaran is ook hoër op in die prentjie en natuurlik kyk die bekende Orion uit die hoogte neer op die spulletjie.

Venus is tans die aandster en sal op 24 Maart sy hoogtepunt bereik waarna dit vinnig sal begin daal soos wat dit die aarde in sy baan om die son van agter af inhaal. teen 3 Junie behoort dit saam met die son en Orion onder te gaan. Daarna sal dit vir ’n tyd lank as die môrester verskyn. Ek het ’n simulasie van Venus se fase as aandster gemaak wat daar te sien is en moontlik vir sommige interessant mag wees.

Geniet die gratis skouspel!

Groete
Panda

  • 2

Kommentaar

  • Dankie Panda, 

    Dit was hoogs interessant en ek kon darem bietjie van die skouspel waarneem.Dis net jammer van die baie lig en dan kan ek ook nie die horison vanaf ons huis sien nie..te veel bome en huisdakke.Maar Venus en Jupiter kon ek duidelik sien,saam met ou Orion en die Pleiades en Heyades.Sou wat wou gee om vanaand in die woestyn te wees!

    Met jou simulasie,verstaan ek baie mooi hoe dit werk.Ek lees graag jou bydraes.

    Groetnis,

     

    Perdebytjie

  • Op die 12e November 1953 op my 10e verjaardag het ek en n paar van my maats die aand buite gespeel en oa sterre wat verskiet getel so ver ek kan onthou was daar meer as 20 Ek het nou vir die afgelope 2 maande elke helder aand probeer om n ster wat verskiet te sien maar sonder enige sukses Kyk ek op die verkeerde tyd van die aand of het die hemelruim gestabiliseer ?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top