"Onthou jy nog?" deur TJ Potgieter

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Onthou jy nog die son op die balkon in die oggende?
Hoek van Pienaar en Main
Toe jy met die eerste soen al my twyfel laat verdwyn?
Die rokershoek by die mall
Toe ek die trane afvee wat van jou wange afrol?
Onthou jy nog Sodwana se strand?
Jou handjie styf vas in my hand

Refrein:
Pêrels in ? perskesjampanje-glas
En Smarties in jou sak, is hoe ons liefde was
Al die lang paaie tussen Pretoria en die plaas
En Smarties in jou sak, is hoe ons liefde was

Onthou jy die laatnag warmwater-swembad
Ek en jy in Badplaas Hotel, al ons klere sopnat?
Onthou jy die waterval in die bos
Die Grünberger-wyn en die lekker kos?

Refrein

Onthou jy nog die vanilla parfuum en jou sexy Sissy Boy jean?
Die kolletjie onder jou hand, handelsmerk van ? kustenaar
Toe jy al die pink Smarties vir laaste spaar?

Onthou jy die perskesjampanje
En pêrels in die kristalglas?
Onthou jy toe ek en jy nog ons was?
Toe ek en jy nog ons was
Nog ons was, Karina
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top