Daar is baie duiwels. Die een wie se fossiel nou gevind is is ’n yslike knaap wat in die oertyd die grotbewoners geteister het. Kobus is seker verheug dat hy nou ook ’n fossielbewys vir sy saak het.
Ek het al talle male probeer registreer om kommentaar te lewer onderaan briewe, sonder sukses. Elke keer sê die stelsel my "user name" of wagwoord is verkeerd, selfs al gaan ek deur die proses om die wagwoord te herwin. En ek het net een e-posadres om te gebruik. Nou het ek al soveel noemname en wagwoorde probeer dat ek skoon deurmekaar is en die stelsel ook.
Kan iemand stap vir stap vir ’n ou man verduidelik hoe dit werk?
Het dit dalk iets daarmee te doen dat my e-posadres ’n paar maande gelede verander het?
Groete,
Varkspek
Hallo Varkspek, ek het jou profiel geregistreer - soos in die privaat e-pos aan jou uiteengesit. As enige ander LitNetters probleme het met die registrasie van ’n profiel, stuur vir my ’n e-pos na naomimeyer@litnet.co.za en ek help! Groete, Naomi Meyer, LitNet inhoudsbestuurder


Kommentaar
Weereens dankie Naomi, soos jy seker kan sien, werk dit. Maar ek verkies individuele briewe op Sênet, só word dit makliker raakgesien, glo ek. Nogtans sal ek miskien soms onderaan 'n kommentaartjie lewer.
Varkspek