"Onseker" deur Nicholas Muller

  • 0

Onseker

Vanaand sukkel ek grensloos om my gevoelens neer te pen
Of dalk is dit net die feit dat ek bang is om die gevoelens te erken?
Is ek bang vir seerkry?
Is ek bang ons misluk?
Of is ek net bang vir daardie afkerende blik?

Ja, dis maklik om altyd die vinger te wys
Ek weet, want ek was ook daar
Maar wie gee om wat die wêreld dink?
Want op die einde het ons mekaar

Easier said than done, ek weet
Ek sukkel self daarmee
Maar met gisteraand wat oor en oor in my gedagtes speel
besef ek hoe kosbaar is elke sekonde wat ons deel

Maar was ek net ? droom vir jou?
? Eenvoudige tydverdryf?
Terwyl ek in jou arms lê
in die koue, lyf teen lyf.

More skop die werklikheid weer in
wanneer ek uit hierdie dorp uit ry
En nog steeds spook ek met die vraag
Hoe voel hy regtig oor my?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top