Ons sal bly leef
Tyd, sonder prys en onbeskryflik, wat soos ’n ewigheid voor ons lê.
Hoe kan ons ons weerhou
van al die die gedagtes en emosies wat in ons opbou?
Vir wat draai dinge altyd skeef
in die deurmekaar en gejaagde wêreld waarin ons leef?
Geen antwoorde vir oneindige vrae.
Deur hoop en spontaneïteit vind ons dit moontlik om onsself te dra
Hier en daar is daar ’n kolletjie lig
In ’n donker Afrika is dit ’n skaars gesig
Deur grootword en opvoeding word ons besoedel
Hoe is dit moontlik om kinders te leer bedel?
Departement van onderwys, kragfors van verwoesting
Veronderstel om geluk en sukses vir die toekoms te bring
maar luiheid en onnoselheid is al wat ons leer
ons as jeug het geen begrip meer vir eer
losbandig en disrespekvol, hoe dan anders?
Ongevoelig neuk ons voort, skaamteloos vir ons skandes
Tog, daar is nog hoop
Ons is mos die reënboognasie gedoop
Tyd, sonder prys en onbeskryflik, wat soos ’n blits ons van agter af inhaal
Ons sal onsself net moet leer
Ons sal bly leef
![]() |



