Ons palmboom
Klopjag, Melktert en Ddisselblom komitee,
met ’n tikkie skynheiligheid
Van ’n polisiekar wat verlangs verby ry
Was ons inspirasie onder ons palmboom op Potchefstroom
Ons het saam gesing en saam gelag
Daar van vreemdelinge “close” vriende gemaak
Met Laurika en Anton het ons ook gereeld saam gekuier
In die diepte van ons siel se waters ingebeier Was ons op Donderdae konings ver gewaagd,
Met ons toekomsdrome op ons lippe uitgedra
Ons het saam gespeel en saam gedrink
Gereeld ’n glasie met nog vreemdes geklink
Dit was ons ou maat
Ons talent uitstroop laataand
Ons wegraak in ons helde in die blou blou lug
Uitlaatklep vir stres in die dowwe lamplig
Saam gedans, saam gespeel op Potchefstroom,
Saam goeie vriende onder ons palmboom …
Iewers het realiteit ons tyd gesteel,
Het ons grootword ons vreugde daar beroof …
Ons het self vrywillig weggeleef
Minder tyd om ons harte te ontbloot …
Ons saam gesing en saam gehuil
Weerloos teen die palmboom se kuils …
Maar al het ons Donderdae verloor my pel
Het ons bymekaar gebly
Met stote en skrape oor die vel
Grootword saam gestry
Want Woensdag-karaoke met Alanis sal ek survive
Solank ek Donderdae jou, vriendin, in my hart kan saamdra
Onder ons palmboom saam gesing en saam gesing
Van vreemdelinge close vriende gemaak …
![]() |



