"Ons musiek" deur Rene Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek soek net weer inspirasie
Genoeg vir ’n nasie
Iets wat my kan reg ruk
Stuk vir stuk
Ek voel ek kan ruk
Ruk en roll
My mond is vol
My hart loop oor
Ek wil net hoor
Hoe my woorde die mense toor
Oor en oor
Sal die gehoor
Wees my koor

Staan saam
Verkondig ons naam
Met lirieke
Maak ons statistieke
Ons musiek het nie brieke

Die stilte sal ons nie aanvaar nie
Ons gaan nie daar nie

Die note
Dryf soos bote
Skiet harde skote

Deur enkelinge
Vreemdelinge
Swerwelinge

Staan saam
Verkondig ons naam
Met lirieke
Maak ons statistieke
Ons musiek het nie brieke

Als begin met n woord
A stille akkoord
Die begin
Is ’n sin
Ons bedoel maar min

Hier is ons nou
Dans sonder enige berou
Ons lirieke grou
Binne in jou mou!

Staan saam
Verkondig ons naam
Met lirieke
Maak ons statistieke
Ons musiek het nie brieke

Gooi jou arms in die lug
Laat jou siel jou liggaam vlug
Skud jou kop
Klim uit jou dop

Staan saam
Verkondig ons naam
Met lirieke
Maak ons statistieke
Ons musiek het nie brieke

Dit is tyd vir geraas
Hou jou balans
En vat n kans
Om ’n bietjie te dans
Dans, dans, dans

Staan saam
Verkondig ons naam
Met lirieke
Maak ons statistieke
Ons musiek het nie brieke

Ons musiek het nie brieke
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top