Ons kuier
REFREIN (x2):
Ons kuier ? hond uit ? bos uit
Ek soen jou, meisie, tot jou ore tuit
Jy kan maar se fluit-fluit
maar ons storie is nog nie uit
Daar’s baie visse in die oseaan
maar tussen die henne is hy die haan
Hy lyk soos ? nuwe sikspens
sy is mooier as ? mens
Maar al dra ? aap ? goue ring
hy bly ? lelike bleddie ding
Ek is dalk blind soos ? mol
oor haar is hy dol
REFREIN (x2)
So gooi ? klip in die bos
wys haar jy is sterk soos ? os
Laat die kat uit die mou
en sê dat jy van haar hou
Pak die bul by die horings
want elke rosie het sy doring
Deur die kerk gaan die koeël
sy het haar hart op jou verloor
REFREIN
BRUG:
So waar as padda manel dra
dis ? feit soos ? koei
Jou bloedrooi wange
laat my hart bloei
Ek is dalk mal soos ? haas
maar ek dink jy is bobaas
Ek dra my hart op my mou
ek is bleddie lief vir jou
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


