Bogenoemde opskrif, en onderstaande gekwoteerde bewerings, is beslis nie my sentiment nie.
“Hoe lyk ons toekoms onder Jacob Zuma en behoort Afrikaners regeringsverandering na te streef?” (hierdie skrywer se antwoord is ‘n besliste NEE!!)
Hy skryf verder: “Dit bring my egter by die eintlike punt wat ek hier wil stel: Vanweë die skerp kritiek wat daar tans teen mnr Jacob Zuma in die Engelse pers (waarby ek Fleet Street of die pers in die Moederland insluit) uitgespreek word, is daar 'n algemene stemming téén Zuma onder Afrikaners aan't oplaai”, volgens hom deur Naspers, Beeld en Rapport aangevuur as lakeie van die Engelse pers (Sic!)
“Van al die nie-Afrikaners wat Suid-Afrika nog ooit geregeer het, is Jacob Zuma ons seker die beste gesind. Hy het al in verskeie openbare verklarings ons status as inheemse blanke volk bevestig. Daar was die braaivleis met Afrikaners in Houghton, die ete by Libertas….” (wat die skrywer soos ‘n gedienstige gatkruiper na uitgenooi en opgewonde bygewoon het, en vir hom, die enigste tyd in sy lewe wat dit vir my wil voorkom, “important” laat voel het.)
Dan verder: “Goddank die DA voer sy politiek in Engels, al stem Afrikaners in groot getalle (EINTLIK DIE OORGROTE MEERDERHEID - my invoeging) vir die party. Daarom word die party nie as 'n Afrikanerparty gesien nie en bederf dit nie ons (gekkegrenser Afrikaners - my invoeging) verhouding met mnr. Zuma nie.”
Amper met histerie: “Ek hou nog altyd vol dat die Afrikaner se stryd NIE TEEN die ANC is nie, maar in eie geledere. Daar is Afrikaners wat reeds só Engels geword het dat hulle geen sin meer sien in ons voortgesette bestaan as 'n afsonderlike groep in die land nie. Hulle is "Suid-Afrikaners" soos al die ander en Afrikaans 'n blote toevalligheid of oorblyfsel wat ons met die bruines deel.” Hierdie persoon sien die Engelse-spook om elke hoek en draai, die foefie wat agter alle onheil hier in die land ter sprake is.
Dan sluit hy af met: “Hoewel die ANC vir ons te sterk is, kan ons intussen in die skadu van die magtige Zuma teen 'n paar van ons tradisionele vyande (mede Afrikaners? - my invoeging) boks, soos die liberale Engelse en Verraaierkaners” (Die meerderheid Afrikaners volgens hom: “Verraaierkaners? Wat was hy dan genoem toe hy diensplig onder die Afrikanerregering ontduik het om na Frankryk toe uit te wyk, terwyl sy mede Afrikaners in Angola gesterf het!!!!!, hanskhakie? of was dit ook verraaierkaner?).
Teen die tyd kon u seker agtergekom het, dit kom van ons einste Dan Roodt. Ek glo nie verdere kommentaar is nodig nie. Sy eie woorde spreek boekdele oor homself asook sy verwaande blik van homself as Afrikaner.
(Gekwoteerde aanhalings kom vanuit "Praag" Rubriek Dan Roodt se opskrif "Ons kan en moet Zuma nie teëgaan nie" gedateer Sondag 14/4/13 om 09:36))
Jaco Fourie


Kommentaar
Beste Jaco,
Ek probeer self 'n geruime tyd al Praag volg (ja, ek gryp inderdaad na elke helmpie in oorlewing).
Dis sou egter verwaand wees indien ek hoegenaamd voorgee dat ek veel op hierdie stadium uit hul propaganda verstaan (tegelyk met respek aan Dan Roodt).
Die Afrikaner se oorlewing sal nie weer soos in 1948, by 'n stembus gered word nie.
Na die vredesooreenkoms te Vereniging, was die Ingelse en Boere getalle later by die stembus minstens vergelykbaar.
Na die vredesooreenkoms te Kemptonpark, byna 'n honderd jaar na die eerste te Vereniging, tel die Afrikaner en Ingelse stem saam, nie eens as 'n faktor nie.
Daar kan nooit weer by 'n 1948 omgedraai word nie.
Die armblanke hierdie keer, gaan geen vraagstuk wees nie.
Dit herinner aan die redes vir die Groot Trek, toe trek die enigste weg uit die onderdrukking was.
Ek hoop net die klug dat almal wat vir hulself kan kan dink , of hul eie identiteit met agting dra - "regs" is, duidelik word.
Boeregroete,
Cornelius
Beste Cornelius
Die beste antwoord wat ek jou kan gee is.
Sien eerstens om na die welvaart van jou persoonlike belange, dan tree jy eerstens op soos enige ander indiwidu.
Tweedens. Voeg jou steun by diegene wat die beste kans het om die uitgesproke anti-Afrikaner ANC te vervang soos bv die DA, sodoende doen jy indirek die Afrikaner 'n moerse guns, en daar staan jy als Suid-Afrikaner saam met ander om hulle te ontsetel.
Derdens. Word lid van 'n organisasie wat DAADWERKLIK bewese suksesse vir die Afrikaner in hierdie laaste jaar gedoen het, en daar kan alleenlik van AfriForum gepraat word.
En laastens: Skud al daardie muisneste uit jou kop, die onmoontlike waaroor jy jou deesdae oor kwel.
Jaco Fourie