Ons is nog hier

  • 0

Ons is nog hier, tussen blomme en kanonne,
maar daar lê lyke sonder skoene in die straat.
Óns is nog hier, tussen sterre en pistole,
maar daar’s ’n gaatjie in die atmosfeer se naat.

“Hy wat my brood eet, het my in die rug gesteek,”;
sê Jesus vir die twaalf en doop ’n stukkie brood
vir Judas in die sous: “Die tyd het aangebreek,”
sê hy, “maak baie gou, gaan roep vannag my dood.”

Ons is nog hier, tussen duiwe en atome,
maar brandewyn is goedkoper as ’n gedig.
Óns is nog hier, tussen liefde en ou bomme,
maar die kinders se handjies word moeg in die nag. 

Ons is nog hier, tussen blomme en kanonne,
maar om brood te eet verg ’n ander een se dood.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top