"Ons" deur Lizanne Boyder

  • 0

Ons

Vir lank het ek en jy mekaar verstaan
Vir lank het ek en jy iets gehad
Vir lank het ek en jy geweet waarheen ons gaan
Vir lank het ek jou liefgehad

Maar nou maak jy die liefde dood
en ek maak ons kind alleen groot
Maar nou maak jy my minder voel
maar daarvoor het jy seker ‘n doel

Vir lank het ek jou klere gewas
Vir lank was ek jou stukkie op ‘n matras
Vir lank was ek jou liefling
Die een wat jou uit jou vel laat klim
Vir lank was ek jou hele lewe
Jou bestaan, die een wat jou maak bewe
Vir lank was ek jou enigste

Maar, nou is ek net jou vrou
Die een wat onder jou voete moet vou
Die een wat maar net daar moet wees
en alleen moet bid vir God en die Gees
Die een wat sorg vir jou
en alleen aan ons huwelik bou
Nou is ek die een wat sit en huil
en ons liefde wil veruil
Nou is ek die een wat wakker lê
Om te dink wat ek more als vir jou gaan sê
Nou is ek die een wat liefde weer wil vind

Vir lank het ek en jy mekaar verstaan
Vir lank het ek en jy iets gehad
Vir lank het ek en jy geweet waarheen ons gaan
Vir lank het ek jou liefgehad

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top