Ons agterstevoor Jan

  • 0

Jan.

Ek kom agter dat jy op die volgende wyses redeneer, eerder gesê,  redekawel:

1.     Jy huldig onwrikbare vooropgestelde idees oor sekere onderwerpe, veral politiek en mbt Roodt vir wie jy ’n ongesonde verering huldig.

(In terme van jou geuiterde logika opstelling, berus die onus by jou om die teendeel te bewys – sien jou bewering na “e” hieronder)

(a)    Jy vergelyk selektief pre-1994 met die hede, en hunker na ’n bestel wat in der ewigheid nooit weer herroep kan word nie.
(b)  Jy kak en kerm (volgens Thomas) oor alles, maar wil nie tot enige oplossing, selfs vir die Afrikaner, bydra nie.
(c)  Jy beskou twee tipes Afrikaners.  Diegene wat vir die NSA te vinde was, wat jy tot jou dood toe gaan verkwalik, en diegene wat geen verantwoordelikheid getoon het om hulle saak by Kodesa te stel nie, waaronder jy jouself tel. Jy is vasgevang in  die “ons was reg” en “ons het julle mos gesê”-sindroom wat jy deurentyd aanhaal  Hulle is ook diegene wat jy nou onlangs in jou briewe as Boere bestempel om van die ander te onderskei.

“Julle het julle beywer vir hierdie gemors en hou nie daarvan om herinner te word dat julle met slap pap onder 'n wip gevang is nie”. 10/1 (die ons-en-julle-sindroom)

(d)  Die post-1994 gebore Afrikaners het jy niks om oor te sê nie, nie eers vir hulle ’n toekoms aan te beveel nie.
(e)  Wanneer ek jou afgod Roodt direk aanhaal, beskuldig jy my of van leuens, of dat ek hom buite konteks kwoteer, of dat ek hom verkeerd lees, of dat sy woorde ’n ander betekenis huldig, sonder om self die gekwoteerde stukke te lees. Bv sonder om die stuk self te lees sê jy:

“Jaco, Dan het ongetwyfels sy redes gegee hoekom hy dink die joernaliste is in die sakkie van die NRI; hy sal mos nou nie so 'n stelling uit die bloute maak nie?  As jy reken sy redes is ongegrond, sê hoekom”. 24/1. (mbt laaste sin.  Indien iemand vir jou sê jy is ’n poephol, moet Jan self die teendeel bewys tipe redenasie hier)

Om stellings sonder bewyse maak doen Dan graag.  Hy verwag dat die leser sommer goedsmoeds aanvaar wat hy sê die waarheid is.

Roodt se stelling uit die bloute; “Dieselfde geheimedienste wat die media in ons land beheer, (waar is die bewyse?) het lankal elke moontlike Afrikaanse organisasie geïnfiltreer.” 21/12 (Weereens waar is die bewyse?)

Roodt se verdere stelling uit die bloute:” ’n Groot deel van die joernaliste is waarskynlik ook op die betaalstaat van hierdie geheimedienste en voer ons  met die soort inligting en idees wat “vir ons goed is”. 21/12 (En Jan verwag ek moet die teendeel bewys!!!)

 

2.      Staaf jou bewerings nie met bronverwsings nie, verbloem jou onvermoëns met die gedurige gebruik eerder van allegorie

Roodt sê:  ‘Die gemiddelde Afrikaner het egter so dom geword dat hy geen idee meer het waarom die geweld plaasvind nie. 29/11
Jy antwoord: “Jy lees alweer verkeerd of jy verdraai sy woorde” 5/12
Ek herhaal hom weer vir jou.
Jy bontspring soos volg:

'Dom' in hierdie sin waarvan jy my (en Dan Roodt) beskuldig is maar eintlik 'naïef' want die groot gros van ons is met slap pap onder 'n wip gevang. 25/1
(weereens die ons-en-julle-sindroom)

 “Oor die 'dom' Afrikaners het ek al baie met jou gepraat. Die een voorbeeld wat ek aan kan dink wat ek al vir jou moes aanhaal is die wiskunde-onnie wat sy matriekklas 'n klomp dom bliksems noem. (JAN SE ALLEGORIE om feite te verbloem) Natuurlik bedoel hy nie regtig hulle is dom nie, hulle het dan almal standerd 9 wiskunde  deurgekom. (Indien jy nie self Roodt is nie, kan jy mos nie sê wat hy eintlik bedoel het nie.)

Volgens Jan se “logika” kan ek vir Jan sê.  Daar is geen rooi kleur nie.  Rooi het te doen met woede of skaamte, soos rooi in die gesig van woede, of rooi in die gesig van skaamte (allegories).

3.     Lees nie die gekwoteerde bronverwysings om te bepaal of hulle juis of binne die korrekte konteks aangegee word nie, en redeneer op die gekwoteerde bronverwysings binne jou gebrekkige raamwerk soos in 1 en 2 hierbo aangegee en dan taktieke in 4 hieronder in werking te bring om te laat blyk dat die betrokke persoon nie weet waarvan hy praat nie.

Jy verskaf menings van Dan Roodt ten opsigte verskeie politieke aangeleenthede, onder andere Helen Zille het en, omdat hierdie menings nie met joune strook nie, is dit vir jou 'n bewys dat hy lieg.” 24/1

Die blote feit dat jy net hierdie stelling aanhaal is nie 'n bewys dat hy wel lieg nie; as jy reken dis nie die waarheid nie moet jy die redes wat hy vir so 'n stelling verskaf kelder, dit help nie om net sy stelling aan te haal nie”. 24/1

“Ek weet nie wat Dan se verklaring daaromtrent is nie maar my siening is bloot dat hy tot ander insigte moes gekom het”. 24/1

LEES EERDER SELF WAT ROODT GESKRYF HET, EN DAN POOG OM SY STELLINGS TE REGVERDIG

4.     Baie lief om ontwykingstaktieke te gebruik om die hoofonderwerp onder bespreking te probeer ontspoor en die niksseggende aanhalings in sodanige bespreking die hoofonderwerp te probeer maak.

“Jou eerste fout is dat jy dink die Engelse 'people' word vertaal met 'gepeupel' in Afrikaans. Dit is nie so nie, 'gepeupel' is neerhalend, sal iets soos 'rabble' in Engels wees (daar kan seker gevalle wees waar mens wel 'people' met 'gepeupel' sal vertaal soos in byvoorbeeld 'the people looted and burnt shops in Sasolburg'). Jy moet versigtig wees vir sulke woorde wat dieselfde klink of lyk soos braaf, dapper, pure, warm, wyf ens, daar is baie”  24/1

Die kernbespreking was dat Jan demokrasie vertolk as ’n stelsel waar ’n homogene klomp mense vir ’n regering stem en dat dit nie demokrasie is indien dit nie volgens Jan se definisie pas nie.  Pleks om by die kern te bly, gee Jan my eerder ’n les in die betekenis van die woord “gepeupel” wat ek dit doelbewus bo “mense” gekies het om te onderstreep dat selfs die “rabble” “populus – Latyn)  deel van die demokratiese proses is, en nie net uitsluitlik ’n homogene groep nie. (Middle English  peple, from Anglo-French pople, peple, peuple, from Latin populus. First Known Use: 13th century).  Die universiele erkenning van demokrasie is waar alle inwoners (populus = population) binne ’n erkende geografiese afgebakende gebied gelyke stemreg het, ongeag die volkeresamestelling van sodanige gebied.  Nou wil Jan die onderwerp ontspoor met die vervanging van sy bespreking oor “gepeupel” as hoofonderwerp.

(Terloops Jan. Jy sê die Engelse het geen woorde vir “volk” nie.  Hoe klink “countrymen”; “clansmen” “tribesmen” vir jou?)

“So maak jy ook 'n fout met 'nasie' – 'nasie' en 'volk' is dieselfde, die Engelse praat van 'nation', ek glo nie hulle het 'n woord vir volk nie. Jy kan praat van die Boerevolk of die Boerenasie, die Duitse volk of die Duitse nasie, dis dieselfde ding. So, mense van iewers in Europa kan nie met teodoliete en goed reguit strepe op 'n stuk grond trek en, vir wie ookal hulself daar binne bevind, vertel 'julle is nou 'n nasie, per ons dekreet' nie. So, weer eens, die storie waarin ons ons nou bevind is alles behalwe 'n demokrasie”. 24/1

Nasie en volk is nie dieselfde nie.  Die Duitse nasie en die Oostenrykse nasie is twee aparte nasies, tog albei se inwoners is Duitsers in taal en kultuur. Dieselfde het gegeld met die Vrystaat en Tvl.-republieke.  Twee nasies, een volk.  Die Switserse is ’n enkele nasie wat vier volkere en kulture behels, nl. Frans ; Duits ; Italiaans en Romaans, ’n ouer nasionale entiteit as die meeste ander Europese lande.

’n Volk is ’n kultuurgroep wat in weinig gevalle ook nasieskap geniet soos die Basoeto en die Swazi.  In die meeste gevalle wêreldwyd, deel volkere ’n nasionale gebied met ander volke, en gesamentlik is hulle ’n nasie.  ’n Volk wat nie sy eie onafhanklike regering binne ’n erkende nasionale geografiese gebied het nie, is nie n “nasie” nie.

Selfs Thomas kla oor jou pogings tot ontsporing van die hoofonderwerp.  Hy skryf:

 “Jou troetel-obsesssies kleur die bril waarmee jy George Claassen se skrywe lees sodanig dat jy nie heeltemal die essensie raaklees nie. Sover ek dit lees is  dit ’n goeie en gebalanseerde artikel wat aantoon dat godsdiens niks bydra om denkende kinders te skep nie - ’n punt wat ek heelhartig mee saamstem. Wat jou blykbaar ontstel is hierdie paragraaf wat ’n  sydelingse (soos gepeupel in my geval) opmerking is en sekerlik minder as .1% van die stuk   uitmaak” : 22/1 thomas
                                                                                          
5.     Wanneer jy nie self kan verdedig nie, probeer uitmaak asof die ander party jou verkeerd gelees het, en dan verskuif jy die doelpale deur ’n vorige stelling wat jy gemaak het, te herskrywe om te laat blyk dat jy nie bontspring nie.

“Thomas, jy't my al weer misgelees. In my brief 'kak en kerm' ek, om nou jou woorde te gebruik (hierna genoem 'keka'), nie oor alles wat in Suid-Afrika verkeerd is nie; vir so-iets sal ek 'n brief so dik soos die Bybel moet skryf. Ek gee bloot inligting en goeie raad: Moenie praat van versoening nie” 10/1

“daar is teenswoordig 'n minderheidsregering naamlik 'n Xhosaregering.  Daar is wel anderstaliges in die regering maar hulle is in wese maar Xhosalojaliste”; 22/11

 “Wat ek wel gesê het is dat die Xhosas 'n minderheidsgroep is en as sodanig dan in effek 'n minderheidsregering is. Daar is wel anderstaliges in die regering maar hulle is Xhosalojaliste”. 29/11

Jan.  Staaf jou beweringe met feitlike bewyse en bron verwysings, nie ’n “Evangelie volgens Jan Rap” nie.

6.     Toon ’n gebrek aan algemene kennis en beperkte feitekennis met die herhaling met omtrent elke politieke bespreking van bv straatnaamsveranderinge; gebrekkige gebruik van Afrikaans; plaasmoorde; slaggate in die paaie; misdaad; ens

Ek reken omtrent al jou lesers, myself inkluis, is met jou eens hierin, dus hoekom die nodigheid van oorherhaling? 

“jou Afrikaanse straat- en plekname verdwyn elke dag al hoe meer, jou Afrikaanse universiteite is weg en jou mense word met eentonige reëlmaat op plase vermoor.  Jou kompleks of huis waar jy bly is omring met mure en/of doringdraad, jy kan nie vrylik in voorstede beweeg nie vanweë die valhekke, jy betaal al hoe meer belasting vir al hoe minder dienste en as jy 'n blou lig sien weet jy nie of die polisie jou nou kom beroof nie.  Jou elektrisiteitskoste styg jaar na jaar en jou vervoer- en instandhoudingskostes styg buitensporig vanweë die swak en onveilige toestand van die paaie maar jy sê nou voel jy werklik vry. 25/1

“Hoe anders as mense handeklap en juig dat hulle 'vry' is te midde van 'n toestand waar hulle Afrikaanse plekname weggevat word, waar hulle nie Afrikaans op kantoor of met die belastinggaarder kan praat nie en waar hulle volksgenote met eentonige reëlmaat op die allerwreedste maniere op plase vermoor word” 24/1 (sy tweede brief dieselfde dag)

“paaie is nou verstop want treine vervoer nie meer vrag nie, die lugdiens is 'n skadu van wat hy was, so ook die spoorweë en al die semistaatsinstansies soos die SABS, Eskom, die WNNR, Veeartsenydienste (Onderstepoort) ens ens”. 18/12

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top