Baie waar‼ So het die kerk die ontwikkeling van die wetenskap met meer as een en ’n halwe millennium onderdruk en gestuit met die, volgens hulle, Bybels gefundeerde geosentriese model van die heelal, wat as kerklike dogma aanvaar is. Copernicus se model waar hy die son en die aarde se posisies omgeruil het, is deur die Roomse Inkwisisie in 1615 as vals en onbybels verklaar en ’n verbod op die propagering daarvan is uitgevaardig.
Nee wat, onsin. Daar is baie wat die ontwikkeling van die wetenskap kniehalter (nou, in die verlede en in die toekoms) naamlik kerke (alle gelowe), politiek, ouers, kinders, broers, susters om nou maar 'n paar te noem. Moet natuurlik ook nie van wetenskaplikes vergeet nie; groot deurbrake is al vertraag (selfs gekeer, hoe weet ons) deur wetenskaplikes/uitvinders se eweknieë.
Buitendien, daar is ongekende wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling aan die gang maar die wêreld is in oproer en onrus. Die lewensgehalte van baie mense vandag is strate onder dié van hulle ouers en voorouers. Daar is wel baie goeie goed wat deur die wetenskap aan ons gebring is, nie te betwyfel nie - 'n tandarts maak jou byvoorbeeld nie meer so seer soos 100 jaar gelede nie, spoeltoilette, riolering en elektrisiteit is wonderlik (besig om te verdwyn hier by ons) ens ens maar wetenskaplike ontwikkeling per se is nie noodwendig positief gekorreleer met die heil van die mens nie.
Ek moet darem 'n lansie vir die kerke breek, veral die katolieke kerk - hulle was groot beskermhere van die kunste, dink maar aan die Pietà en Sistynse Kapel van Michaelangelo, die Laaste Avondmaal van Leonardo, die wonderlike musiek van ouens soos Bach en Pachelbel ens ens. En dis maar onder andere.
Kommentaar

Panda: Baie dankie. Onafhanklike denke is 'n rare verskynsel.