eers gekyk voor ek sit
eers
die frommelpapier tussen duim
en voorvinger uitgestryk
met God
voor ek bid,
die laatOktoberreënweer had my roekeloos.
eers gekyk vir die monster onder my bed
my
teen lang gange met houtvloere en donker skadu’s
verset
noú
grynslagsluimer ek.
met my duim en voorvinger
plukpluk ek
aan my engelvere,
gooi dit
nonchalant
die vuur van voorbehoed in ...
die rook had my weerloos
my noú
so anders as my begin



Kommentaar
Knap gedaan!