Vir Magmoed Martin i.e Life vannie jobless
Ken djy hoe dit voel om vir jou taanie te sê djy’s gay
Ken djy die struggle om in ’n huis groot te wôd waa die pa die ma abuse
Ken djy hoe’it voel as jou broe twie woorde met jou gepraat het in 16 djaar
Wiet djy hoe’it voel om vir ’n boy van 3 jaa te explain die riede hoekom djy met die girls uithang
rather met die boys
Ken djy van straight act en te pretend iemand wat djy nie issie
Wiet djy hoe dit voel om in die boys’ badkame te gaan pee ma djy sou verkies het om saam die
girls te gat pee
Wiet djy hoe dit voel om groot te wôd en heeltyd die woord “moffie” aan te hoo
Djy praat van jobless wies, ma ek is jobless en identiteitsloos want die identity wat ek myself wil
gie wôd ge-erase in my community
Djy praat die liewe is “een great depression en rejection”
Ma huil djy jou aanie slaap innie aane net omdat djy nie môre se judging wil face’ie
Djou liewe is swaa
Ma myne is die life vannie gay-coloured-boytjie
Kommentaar
My hart bloei vir hierdie mooie jong man.
Hoe wreed is die mense en die lewe!😢
Wow Talentvolle jongman, so trots op jou Mon-Lee! Daai glimlag is wat ek nog altyd by jou raak gesien het. Stunning. Remember God made you and accept you for who you are.
Tjy moet vrede maak met jou self, ontmoet ander gay coloured boytjies, want tjy is nie alleen nie. Vind jou self, en vind uit, waarin tjy goed in is en my broertjie tjy sal vlieg!
Baie mooi gedig!
Wees net jouself! Het jou gedig vreeslik geniet!
Pragtige deernisvolle woorde en reference gesig. Weet net daar is baie mense wat wel verstaan en nie oordeel nie. Baie ouer mense, selfs in 70's en 80's weet van en het deernis. Vergewe maar die wat nog nie verstaan nie, die meeste sal nog arrive. Gaan groot en geniet elke dag met sy op- en afdraandes.
Here,wat doen mense aan mekaar? Karakter moet al maatstaf wees - seksuele oriëntasie is 'n natuurlike gegewe. Amal oordeel nie - wees jouself, jy kan dig.
Jy is soveel meer as jou omstandighede ... baie trots op jou! My hart se punt. My motivation!
Braaf en bevrydend is hoe jy behoort te voel. Die lewe is daar om geleef te word vir wie en wat jy is. Doen dit met oorgawe.
Wat die klomp idiote betref wat ongevraagde opmerkings maak; ag, hulle moer man!
"Life vannie jobless" was (en is) my gunstelinggedig. Hierdie gedig is 'n mooi tribute, of reaksie, op Magmoed Martin se gedig. Ek is bly dat die jeug (soos M Geduld) hul talente wys.