
reën in die voorwinter is geweldig
dae nou is onuitstaanbaar mooi
10 000 vleesklokke beier dof
teen my skedelpan
verdriet kerm uit die buik van ’n sofar
כל מה שמגיע לשום דבר
die beiaardier se gehamer
drup soos ’n kapot kraan
die vroegherfs is loom
die bloedmaan ten spyt
(365+365+365 dae na jou uitvaart)

