
Foto: Canva
Ongetiteld
my kind,
weet jy hoe groot jy is?
vergeet van die res,
doen jou ding,
probeer jou bes.
my kind,
wees wakker en leer –
jy is een uit ’n duisend.
moenie skrik vir afbrekende
geeste
of bang wees vir boelies nie,
want hulle fool niemand nie.
my kind,
laat jou stem hoor –
jy is meer as net
jou liggaam.


Kommentaar
Soos altyd: goed gesȇ, Chestlyn.
Pragtig. Reguit.