"Ongeken" deur Corli Sadie

  • 0

Ongeken

Ek dink dis moontlik om twee mense lief te hê
Maar my ma sê jy moet mooi kyk waar ware liefde lê
Die hart is nie ’n ding wat jy sommer so verkoop
Maar ai, ek wens net ek kan ophou hoop

Koor

Die trane is geweerskote soos dit val op my broek
Ek huil want ek kan nie, ek huil want ek soek
Jou, ek soek jou, om my styf vas te hou

Hy is lief vir my maar dit sal verander as hy weet van jou
En hoe jy my laat voel as jy my in jou arms hou
Ek het hom ook lief maar dit maak my seer
Ek kyk na hom en dink aan jou … elke liewe keer

Koor

Die trane is geweerskote soos dit val op my broek
Ek huil want ek kan nie, ek huil want ek soek
Jou, ek soek jou, om my styf vas te hou

Ek dink dis beter om net een mens lief te hê
Jy het my gewys waar ware liefde lê
My hart is joune, jy het my gewen
Die liefde wat ons deel is … ongeken


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top