Vers 1:
Ek word benoud as ek tussen mense is
My palms sweet en ek raak selfbewus
Kognitiewe terapie
Vir konstante depressie
Blameer dit op ’n chemiese wanbalans
’n Neuro-toksiese liefdesdans
Astrafobie: Koes vir die weerligstraal!
Obsessief kompulsief
Die duiwel gaan jou nou kom haal!
Refrein:
Ek het sosiale fobie
Ek is bang vir hoogtes
Ek vertrou nie tegnologie
En vrees oop vlaktes
Ek is kloustrofobies
Ek is bang vir siektes
Ek is getrou bulimies
En vrees oop grafte
Vers 2:
Ek word benoud wanneer dit donker is
Kyk onder die bed of daar ’n monster is
Akupunktuur terapie
Vir algemene aggressie
Blameer dit op my vervolgingswaan
My neurologiese wentelbaan
Aragnofobie: Wyk, jou agtpotige demoon!
Hiper-hipokondriak
’n Draai by die dokter is doodgewoon!
Refrein:
Ek het sosiale fobie
Ek is bang vir hoogtes
Ek vertrou nie tegnologie
En vrees oop vlaktes
Ek is kloustrofobies
Ek is bang vir siektes
Ek is getrou bulimies
En vrees oop grafte
Ek bly in Suid-Afrika!
En ly aan omnifobia!
Maar van alles wat ek vrees
Ja, van alles wat ek vrees
Is ek die bangste vir myself!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

