Omgedopte woorde
Jy staan in ’n doodloopstraat
Jy klop aan my deur vir raad
Maar ek is net te kwaad
Jy begin neerval op jou knieë
Jy is so verleë
Voor my deur
Ek gee nie meer om oor jou seer
Jy wil nie uit jou foute leer
Koor
Hou op vir dors soek
Hou net op om vir seerkry te groet
Seerkry groet jou terug en lag
Seerkry gee nie om oor jou gesag
Hou op om na leuens te luister
Leuens vloei deur almal en fluister
Dat jy niks werd is
Moenie luister na leuens, want hy hou van haat
Jou trane wat vloei
Maak dat jy vir al daardie leuens val
Rou snymerke wat brand
Lag seerkry vir jou in jou hand
Koor
Hou op vir dors soek
Hou net op om vir seerkry te groet
Seerkry groet jou terug en lag
Seerkry gee nie om oor jou gesag
Hou vas aan die waarheid
Hy sal jou nie verwyt
Dis nou die tyd
Voordat jy jouself verwyt
![]() |



