Hello
Hierdie brief word apart aangebied van die brief wat op die skeppende aard van heilige boeke fokus in die lig van letterkunde, die werke van fiksie, drama en die digkuns en die fantastiese beskrywings wat daarin gevind kan word. Oom Daan se brief kan hier gevind word.
Kobus se uiteensetting daarvan kan hier gevind word en so ook Thomas se bevraagtekening daarvan wat hier gevind kan word.
Die metode deur Oom Daan en die woorde gekies word nog steeds bevraagteken en as verspot beskou en is apart van die kwessies wat op ’n lukrake manier bevraagteken en die idees van Zombies in die mengsel bring wat ’n oningeligte vermenging van kwessies en as “voordeel” dalk ’n effense skok faktor het wat vinnig tot ’n einde kom wanneer dit besef word, “baie gelowiges” is nie gelyk aan Zombies nie.
51 Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars.
52 Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek,
53 en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het. \
Wat ook al beskryf word in bogenoemde aanhaling verwys nie na Zombies nie. Die aard van die wesens is verskillend en is daar duisende jare se tydsverskil tussen die beskrywing hierbo en die eerste melding van Zombies.
Hoekom daar nie eerder gepoog word om die konteks van bogenoemde skrywe te probeer verklaar nie is ’n raaisel, maar dit is te wagte gegewe indien die oogmerk is om Godsdiens bespotlik te maak. Die koppeling van bogenoemde beskrywing aan Zombies is om glad nie ernstig met Matteus te handel nie en die boek op sy eie terme te verklaar nie.
In die lig van bogenoemde word die volgende program aangebied:
Zombie Culture
The obsession with Zombies and other undead extends beyond this particular Halloween. The U.S. Zombie Research Society claims the membership of 60-thousand academics and zombie enthusiasts, a level of interest that some believe speaks to the wider social and political concerns confronting our society.
In die program word daar verwys na Wade Davis (al voorheen bespreek op hierdie forum) en sy verklaring van Zombies.
’n Zombie is ’n lewende dooie wie se siel gesteel is deur toordery. Die idee van ’n Zombie bestaan daarom net in Haiti aangesien dit deel van die volkskunde van Haiti is. Net soos die vrees nie is om bang te wees vir Zombies nie, maar eerder die vrees om een te word, aangesien dit die heilige siklus van lewe, dood en hergeboorte word gebreek.
Brendan Riley ondersteun bogenoemde deur te verwys na die boek van William Seabrook getiteld Magic Island wat eerste is om hierdie wesens te beskryf. Die lewende dood wat as slawe die plantasies bewerk onder die mag van meesters.
Matt Mogk, stigter van die Zombie Research Society en skrywer van Everything You've Always Wanted to Know about Zombies, stem egter nie saam nie en voel jammer vir Wade Davis, aangesien die verkeerd is om Zombies as skadeloos aan te dui. Dit is hier waar die moderne idees wat met Zombies handel dan bespreek word. Die moderne bedoeling van Zombie volgens Mogk het in die laat sestigs vorm aangeneem na aanleiding van ’n film waar die wesens eers net beskryf was as “Flesh eaters” en met die verloop van tyd het die twee terme een geword en is die beeld soos dit vandag in die verbeelding gevind word die norm.
Matt Mogk dui die volgende aan as ’n finale gedagte vir hierdie brief en ’n waarskuwing. Zombies is nie fiksie nie, maar is eerder ’n werklikheid wat nog nie realiseer het nie.
Baie dankie
Wouter

