Om ’n Malay Muslim-meisie in die 21ste eeu te wees – ’n mengelmoes van identiteite!

  • 10

Tasneem Daniels

Innie verlede het ek gedink dattie onderhandeling van hierie mengelmoes van identiteite is ’n New Age-ding, ’n post-1994 probleem as gevolg van ’n increase in diversity awareness; kortom: millennial problems.

Maar ek was verkeerd.

Of course is hierie eeu ’n geleentheid vi ôs om nuwe tools en resources te skep waarin ôs aan hierie identiteite kan oo dink. Millennials, jong aktiviste en ammal wat sosiale media gebruik sal saamstem dat ôs woon innie gelukkigste eeu waa ôs nuwe kennis kan dra oo ôse hele menslike ervaring. Maa om te verklaa dat ôs ’n mengelmoes innie eeste plek is? Nee, dis ’n ding wat ôs al lankal pla!

In my storie spoor die “mengelmoes condition” t’rug na my District Six-erfenis – om Afrikaans/Kaaps te praat in ’n so-called Engelse wêreld, om ’n kleurling te wees in ’n so-called wit wêreld, om Muslim te wees in ’n land wat ’n Islamophobic slawegeskiedenis het. Ja, dit was illegal om Islam innie openbare te oefen! Boe-op die feit dat District Six ook ’n mengelmoesgemeenskap was. My oues en hulle vrinne wat daar gewoon’t praat baie oo hoe District Six ’n baie diverse plek gewees’t – verskillende rasse, kulture, geloof en nasionaliteite. ’n Plek waa die Muslim aunty vir ammal Krismisklere maak, ’n plek waa families boe-op mekaa slaap in klein huisies, ’n plek waa Fahiem en sy niggie saam gaan kerk toe op ’n Sondag (dis hoe ôs ou Slams mense “Our Father” can sê!) en waar Sheldon en Louise loop saam masiet toe om Qur’an te batcha!

Daa’s baie mense wat saam met my sal stem oo hierie mengelmoesbesigheid. In radbraak, Jolyn Phillips se 2017-poesie-antologie, het sy geskryf dat ôs almal “bokkie polony gemix” is. In A ja ja hoe, ’n popular Kaapse klopse liedsjie, sing hulle: “Dis ’n nuwe jaa, ôs is deurmekaa – my bokkie maak koesisters sonner suike!”

Lyk vir my ‘it maakie saakie in watter rigting ôs draai nie, ôs sal altyd geremind word oo ôse mengelmoesheid. Ôs kies altyd om ôsself uit te druk in ’n mengsel van tale en temperamente – daa is geen twee maniere daa’aanie.

“’n Malay Muslim-vrou in die 21ste eeu” is al klaa so ’n mondvol om te se. Daa is so baie stereotipes, aannames en dele van geskiedenis wat ’n mens moet aan kyk net om daai sin te acknowledge. Miskien issit ook ’n typical millennialvraag om te vra oo hoe ’n mens jouself holisties ken. Hoekom kan ekkie my eie mense en my eie wêreld se interpretasies van hierie konseppe aanvaarie, in plaas van op ’n reis te gaan en self uit te vind? Gaanittie maklike weesie as ek net conform? Gaan ekkie klom geld en tyd spaa op ’n klom spiritual retreats en self-empowerment courses te gaanie om hierie betekenisse uit te werk?

Moenie ooreenstemmie! skreerie millennial in my. Fight the system, daag die status quo uit, neem geen gevangenesie! Of issit die stem van my Malay slawevoorouers wat in my praat? Of issit die stem van New Age feminism? Of issit my Mualimah byrie Slamse skool wat had uitskel as ôsie reg abdas vattie?

Immediately dink ek aanie Qur’an-verse uit die hoofstuk “Ash-shams”, Arabies vir “Die son”: “Consider the human self, and how it is brought to balance” (91:7). A, balans – daai wonnelike woord wat soe onbereikbaar is wannit grens aan perfeksie, ’n konsep wat die hele mengelmoestoestand contradict!

Die enigste manier hoe ek hierie vers kan vestaan is te vebeel dat ek ’n puzzle bou. ’n Puzzle bestaan uit baie stukkies, net soes die menslike toestand – die spiritual (Muslim), die fisieke (vrou), die kulturele (Malay) en die sosiale (millennial). Ommie puzzle klaar te bou, moet jyrit stukkie vir stukkie saamsit – this fits here, this fits there. Ek probeer’t en vind uit dat geen stukkies pas perfek by mekaarie, maarit meng aaire soos ’n rainbow, of soos ’n painting met verskillende colours. Ek issie een of twee van daarie colours of stukkiesie – ek is hulle ammal tesaam. Die een kommie voorie annerie, maarie een liggie anne in!

Of course wassitie altyd so simple’ie. In sommige tye in my lewe het ek myself so getreat soos ’n puzzle – ek gan net oor een vannie stukkies fokus. Somtyds het een stukkie die anner dominate. Vir jare kon ekkie op iets anners as my Muslim-identiteit dinkie; wie Allah is (is Allah is ’n man of ’n vrou – moet ek vi Allah “hom” of “haar” sê?), wat my verhouding is met Allah en hoe ek hierie veband uitdruk. Dra ek doekie of nie? Hoe moetie doekie toegedraai word – in ’n bola (Arabies style) waa my designer earrings kan uitstiek, of reggom waa my hele kop behalwe my gesig toe is (regular)? En wie maakie reëls oo hoe ek hierie veband uitdruk?

Naturally vind ek dat my vroulike en kultuurlike identiteit sommer sy gesig daar uitstiek – obviously hoe jy jou geloof uitdruk verskil tussenie geslagte en kulture!

Dis ’n baie ernstage saak, but oppie selfde tyd issit ’n groot lagstorie. Ôs maak ôse selwe so siek en mal want ôs wil altyd perfectly intact wees. Maa so iets bestaanie. Dis natural en nodig om hierie vragies te vra, maar ôs gaan nooit tevrede weesie tensy ôs aanvaar dat daar baie layers is wat binne ôs is, dat ôs bestaan uit baie vlakke, en dat selfliefde moet saam ry oppie journey na ôs doel – selfontdekking.

Hoe sallit lyk as ôs die bokkie polony process moet reverse? Dit sal mos ’n morsagge besigheid wees! Die produk is reeds oppie rak so perfek as warrit kan lyk – dieselfde gaan vir ôse mengelmoes-identiteite. Ôs kannie die geskiedenis en cultural norms undo of omdraai nie, maar ôs kan terugstaan en ’n blaaskans neem, en dan kan ôsit in konteks sit in ’n manier warritie ôs lewens ingewikkeld maakie. And anyway, die supermarket deli het baie anner halaal-opsies as ôs ’n break van bokkie polony wil vat – daar’s hoender, lamvleis en selfs vegetarian as ôs heeltemal moeg van vleis is!

Woordeskat

Muslim – iemand wat Islam beoefen

Slams – derogatory woord vir “Muslim”

Masiet – ’n plek van aanbidding vir Muslims

Qur’an – Islamitiese heilige Skrif

Batcha – Maleis/Indonesies vir “lees”, ’n term wat dikwels deur Maleise Muslims gebruik word as daar verwys word na die lees van die Qu’ran

Malay slawe-voorouers – slawe wat in die 1600’s met geweld na Suid-Afrika gebring is vanaf Maleisië en Indonesië

Mualimah – Arabies vir “onderwyseres”

Slamse skool – ’n skool waar Muslim-mense oor hulle geloof gaan leer

Abdas – ablusie; hoe om te bad voordat jy bid

Allah – Arabies vir “God”

Halaal – iets wat wettig is in Islam.

  • 10

Kommentaar

  • Jou Afrikaaps is gorgeous.

    Die aa'tickle kielie aalie regte plekke en lees soes 'n literêre litanie van 'n mens se fywerit skooljuffrou op 'n Vrydag tweedelaaste periode.

    Jou werk is 'n Woolworths cardigan op mense bruin vel innie win'te.

    Dala a'n.

  • Grootste kompliment ooit. Tramakassie! Ek voel so leqqa ek wil celebrate hokal met 'n box brownies van Woolies.

  • Faiza Schroeder

    Well done!!! Tasneem ek herrit soema lekke ge-enjoy. Ek is baing proud van my mengelmoes wannit maak my hart warm en baing lief vi osse mense.

  • Abieda Charles

    Baiing goed geskryf Tasneem. Dit het natielik langere gevat om jou mengelmoes te lies, maa watte plesie ... Ek ontou hoe my Oemie (my moede se moede) hulle a conversation gehattit ... hulle het gepraat van hulle se Bappas (hulle oupas) en hulle se gallaties (hulle ma se sistes) hulle se ammaties (hulle pa se sistes) wat eintlik Arab is, maa nieman het actually dit gementionnie. Os as kinnes was gejaa na die koue jong jaate (die after plaas, wat eintlik die stoep was), want os het inne counsil heis gebly. Os was gegooi met a skoen en geslat met a koesieste plankie (a houte plank wat jy druk oppie gereisde koesiestes om lyne te maak). Jou nyber kon jou a pak gie as jy ombeskof was en as jy by jou Ma gan kla, dan kry jy a nogge pak ... My Ma het alteit gese, "Sies Jeinap sallie jou vinniet slattie" ... Dit was baie lekke dae ... toe kinnes nog kinnes was ... toe nieman gementionnit van fiziekil abuse sie, neva mind verbal abuse sie ... Baie vannie oumense is nou wafaa doenya (oorlede) en as osse Oemie nou moet opstaan vannie dood, dan skrik sy haaself wee dood virrie changes vannie doenya (wereld).

  • Anthony Wilson

    Dankie vir die deel. Lees net moeilik vir 'n Gautenger soos ek. Einlik 'n ou Tranvaler. Dié hie'onner is my take oppie besagheid!

    ONS
    neem die drie primêre kleure
    BLOU
    ROOI
    GEEL
    meng dit
    en … wat kry jy?
    ek sal jou sê
    BRUIN
    wil jy die BRUIN donkerder maak?
    GOOI swart BY
    wil jy die BRUIN ligter maak?
    GOOI wit BY

    so
    ONS is die KLEURE
    julle?
    die
    TINT!
    So as die liewe Heer dit self so bepaal’t
    Wie is jy
    Om daarteen te stry
    Desember 2013 - Anthony SPEEDO Wilson Vir Timothy Johnson Skilder extraordinaire!

  • Mooi uiteen gesit, hou aan met die goeie werk, en verkondig jou heritage en so inspire jy anders en u already inspire me, So job well done.

  • Tasneem Daniels

    Tramakassie Anthony virrie poem. Food for thought, yes! En tramakassie oek vir jou woor'e godfrey. Ek hoep julle's ammal veilig innie lockdown.

  • Jinne! Was dit nou nie 'n plesier om te lees, te ontrafel en te konsentreer om alles te verstaan nie. Dit was heerlik. Dis soos Adam Smallprosa op sy beste - of die heer Philander en andere. Ek meen al lankal dat daar verskillende vorms van Kaaps is. Daar is bv die straatmanne se Kaaps wat 'n gewone sterfling soos ek geen woord van verstaan nie, dan is daar die Kaaps wat jy, nee, eintlik U, so fluks besig. Dit kan ek verstaan en dis pragtig. Dan is daar die mense wat net slordige Afrikaans probeer verwoord met slordige spelling en dit dan onder Kaaps publiseer. Dis soos wanneer ek myself in Kaaps sou probeer uitdruk - dit sou bloot vals wees, want ek kan nie. Al wil ek. Daar is natuurlik nog veel meer, Oranjerivier en waar ook al se Kaaps. Ek kan my daarin verkneukel. Hierdie taal is ryk.
    Tasneem, skryf asseblief nog. Ek (Ons) geniet dit, waardeer dit en gun Kaaps regtig sy plek. Dis mooi, beskrywend en dit LEWE.
    - van 'n ouerige gryskop witman wat die Kaap en Suid-Afrika nooit sal verlaat nie. Hier is net te veel mooi dinge in die Kaap, soos oa Kaaps.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top