Die berg laat hom nie deurtrap
in onbewaakte oordadige oomblikke nie:
hy eis jou erns
jy pak jou sak sorgvuldig
en bekom die regte stewels;
jy loop dit vooraf elders in
jy dink daaroor, jy beplan noukeurig,
jy voel vooruit die klim, jy voel
jou longe nou al brand
jy doen dit voorbereid en ordentlik
soos die man in jou maar moet:
jy stel nog eens die voorbeeld
jy klim jou berg in stilte
en bid vir oulaas vurig
teen die krans se spits
– dan spring jy.


Kommentaar
Rudi Prinsloo: Cutis anserina ...
Een van die grootste verliese vir die letterkunde, dat Rudi nooit wou publiseer, en dat Rudi nie meer met ons is nie.