Rudi Prinsloo is op 29 Januarie 1977 in Johannesburg gebore en het in Secunda grootgeword. Hy het in Alberton skoolgegaan en het daarna in die gasvryheidbedryf gewerk. Deesdae is hy ’n holistiese en esoteriese raadgewer en doen vryskutwerk vir oorsese webtuistes. Hy is getroud en het drie pragtige kinders. Skryfwerk en veral die digkuns is sy grootste passie en dit neem die meeste van sy tyd in beslag.