olyfboord

  • 0

in die krom skelet
verslete aardse tent
verknotte olyfboomstam
sydelings afgewyk
weggekou en uitgelewer,
op die kusvlakte van Saron
langs die kliphange van Samaria
in die vrugvalleie van Galilea,
belug sodat sy kan asem skep
op die wortelstok van die begin
en van die einde
wentel die onblusbare gees
van my ma

Lees ook

A silver fish swallowed my mother

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top