''Ok … wag, wat?'' deur Nadia Lia Smit

  • 0

Ok … wag, wat?

Ek’s so moeg om te hoor dis jy en nie ek nie,
Ons was heel oukei, maar nou wil ek weet wie
Gesê het ek moet soos jy dink,
Gehoor het dat ek soos jy klink,
Na jy my in jou mould gevorm het.

Ek onthou dat ek eers heel orraait gecope het,
Maar soos ek nou voel, oorleef ek net-net
Vir ‘n kompliment of argument,
Opinies gegiet in harde sement,
Want al wie iets mag voel is jy.

OK ... wag, wat het jy nou gesê?
Want vir ‘n oomblik het ek jou geglo.

Iemand het gesê mens sien dinge raak in mense se oë.
Ek kan nie wees soos almal van my verwag,
In jou sonskynprentjie voel ek soos die nag,
Sê gou weer, want ek dink ek’t verkeerd gehoor.

OK … wag, wat? Moenie fluister nie, skree dit oor en oor.

Ek wil original wees en nie ‘n copy van jou nie,
Maar die printer is gejam en ek kan dit nie hou nie,
Want jy dwing gesag op almal neer,
Ek wil daarteen stry, maar hierdie keer
Is jy alweer die wenner.

Brug:

Wie is ek om iets te voel?
Hoe sal ek ooit kan sê wat ek regtig bedoel?
Want jy oorheers elke aspek van my,
Jy sit en lag terwyl ek aan jou siekte ly,
Jy gaan weer vandag daai woorde sê, of stry jy met my?

OK … wag, wat het jy nou gesê?
Want vir ‘n oomblik het ek jou geglo.

Iemand het gesê mens sien dinge raak in mense se oë.
Ek kan nie wees soos almal van my verwag,
In jou sonskynprentjie voel ek soos die nag,
Sê gou weer, want ek dink ek’t verkeerd gehoor.

OK … wag, wat? Moenie fluister nie, skree dit oor en oor.

OK … wag, wat het jy nou gesê?
Want vir ‘n oomblik het ek jou geglo.

Iemand het gesê mens sien dinge raak in mense se oë.
Ek kan nie wees soos almal van my verwag,
In jou sonskynprentjie voel ek soos die nag,
Sê gou weer, want ek dink ek’t verkeerd gehoor.

OK … wag, wat? Moenie fluister nie, skree dit oor en oor.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top