Oestyd-skryfuitdaging: Stenig die Samaritaan

  • 0

Stenig die Samaritaan

Hy saai die saadjies fyn,
Kakiebos en brandnetel oral
In die skaduwee van die Samaritaan.
Soos ‘n hedendaagse virus wat
Onkundig die welstand verontagsaam.

Hier steek hy sagkuns die gate
Wat die onverstaanbare merke los.
As die skeef gekapte spykers
Roes en uittrek, sal sy wonde
Steeds by Samaritaan spook.

Hy kyk met skuld in sy vensters
Na die brandende heiland
En weet dat sy aanraking
Die eerste vlam getrek het.
Onbedoelde verwoesting onvermydelik.

As die laaste stukkie as word,
Sal sy anderkant se behoefte vervul word,
Maar krokodilkliere in sy oë laat evolueer
En het hy die Samaritaan in gaskamers
En krematoriums tot niet gebring.

 

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top