Oester se mafia-staat

  • 0

Oester

Jy word herinner aan jou aanvanklike stelling.

Suid-Afrika is ’n mafia-staat en dat die bewyse daarvan volgens jou bewerings gebaseer is op die pryse van produkte lukraak deur jou gekies en die werking van padkontrakte soos deur jou beskryf. Daardie beweringe van jou het twee vrae van my kant na vore laat kom.

Beskryf en bewys die aard en omvang van die mafia-staat en bewys ook hoe produkte wat lukraak gekies is deur jou die onderbou vir die bevestiging van die bestaan van die mafia-staat bevestig.

Soos verwag en male sonder tal bevestig in die gesprek tot op datum is dit vir jou onmoontlik is om so te doen was die enigste slotsom dat jou profiel die van ’n tipiese samesweringteoris aan die hand van Mark Fenster se studie.

Dit was belangrik om die tipe soos verteenwoordig deur jou uit te wys, aangesien die debat deur daardie tipe vertroebel word en dit soveel moeiliker maak om die waarheid te verwoord.

Indien Suid-Afrika ’n werklike mafia-staat was, waar is die burgemeesters uitgemoor, duisende lyke in die straat aan die hand van die staat, indien daardie mafia-mag nie staat is, watter mag sou dan daardie duistere skrikbewind gevoer het.

Misdaad kan nie hier deur jou gebruik word nie, aangesien dit nie ’n enkele georganiseerde mag verteenwoordig nie, soos die mafia nie as ’n globale konsep nie.

Waar sou hierdie mag dan opereer van?

Mark Fenster se studie bevestig ook dat daar is werklike probleme in ’n samelewing wat rapporteer moet word, moet ondersoek en aan in die lig gebring moet word en erken daarmee dat die waarheid soms net met moeite ontbloot word.

Dit is egter nie naastenby waarmee jy besig is nie en is alles tot op datum deur jou geskryf die geskryf slegs ’n verlenging van jou eie vooroordeel en oningeligtheid.

Die laaste nou weer, die nuusblad, die kleinhandelaar en die 1 000% winsgrens en die verborge koste, met details daarvan op die foonrekening.

Hierdie gesprek raak nie snaaks, dit was snaaks vanaf die eerste letters getik deur jou en jy die bestaan van die mafia-staat aangekondig het.

Skryf eerder stories, daar is geen toets daarvoor rakende die waarheid daarvan nie of volg FW se raad ook, die nommer is maklik verkrygbaar en rapporteer hierdie dinge.

Dit is nie te laat nie, jy kan ’n held uit hierdie stryd tree.

Sterkte

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top