Oester se geen nuus, nuus

  • 0

Met die advies van Jakkie as riglyn sal kort sinne gebruik word.

Oester

Verstommend dat ’n man van jou ouderdom nou nog duim suig.

Dit wat sonder bewyse aangebied was deur jou kan sonder teenbewyse verwerp word. Jy was slegs versoek om die pryse wat jy as voorbeeld uitgelig het as bewyse van ’n mafia-staat te staaf. Met gewone kostestate wat die berekenings sou bevat wat ’n rigtingwyser vir pryse sou wees.

Eenvoudig dus, jy maak die stellings, staaf dit nou.

Dit doen jy nog steeds nie en bied weereens lukraak die volgende aan en verontskuldig jou dat dit slegs ’n opinie is.

Petrol – R6 per liter
Coke – R6.20 per liter
Melk – R6 tot R6.50 per liter

Dit sal nie doen nie.

Die pryse deur jou gebruik, dien as "bewys" van die mafia-staat.

Dan kan jy nie eers ’n kostestaat lewer wat as motivering kan dien vir dit was as ’n billike prys kan geld nie en verwag dat jou sinspelings aanvaar moet word as bewyse. Hoe kan blote sinspelings geld as bewyse?

Dit is die kern van jou probleem, jy "dink" met jou "gut" en staan nie apart van die werklikheid nie, maar sien dit bloot as ’n verlenging van jou eie vooroordeel en dink nie eers daaraan om tog state te ondersoek wat rigtinggewende inligting kan bied wat vir ontleding gebruik kan word. Net soos jou houvas om ekonomiese konsepte ook lagwekkend is. Besprekings deur my van die BBP en die wisselwerking tussen die burgery, staat en handel is om te gorrel?

Shame.

’n Ou voorbeeld is die bewering oor Mandela se fondse wat jy beweer het beloop in die miljarde, terwyl die openbare state ’n totaal verskillende perspektief geskets het.

Daarom:

"You just keep on believing that ..."

Daar is geen salf te smeer aan jou nie.

Ek wil graag ingelig wees en nie mislei word nie. Jy lig my nie in en daarom faal jy.

Bring ware nuus.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top