Oester – die openbare beskermer

  • 0

Hello

Ek wil nie hierdie storie vooruitloop nie, maar Oester het ’n fluitjie, en aan die einde word dit geblaas. Fluit-fluit die storie is nog nie uit nie.

Oester,

Aangesien hierdie Nasionale Fluitjieblaser- (whistleblower) week is.

National Whistleblowing Week Campaign

Corruption and fraud costs South Africans over R100 billion each year. In addition corruption eats at the very fabric of our society. According to a 2010 report by international audit firm BDO, South Africa “boasts the world’s second highest incidence of corporate fraud and corruption.” Transparency International ranks our country 55th of 180 in their 2009 Corruption Perceptions Index.

Is hierdie die aangewese moment om die nuus te breek oor die prys van petrol, melk, koeldrank en brood as die onderbou van die bose mafia-staat en dit te rapporteer. Dit is nie reg dat die "nuus" hom net hier uitwoed. Dit moet uit. Aangesien jy daagliks, "met produsente, melkverskaffers, bakkers, Coca Cola Fortune, die olie-industrie, vleisverwerkers etc etc etc werk en weet en nogmaals weet hoe die pryse absoluut ’n "racket" is.

Dit is nie duidelik wat jou motivering is, dalk ’n sekere tipe ideologiese instelling wat maak dat daar altyd van jou heup geskiet word en nie apart van jou waarnemings gestaan word nie. Dit is goed om ’n politieke filosofie te handhaaf, hetsy liberaal, of konserwatief, of dan, uiters liberaal of uiters konserwatief. Verkramp of verlig, verstok of vry.

Die probleem met hierdie "ideologiese inslag", is dat al die antwoorde al vooraf beslis is, bewyse en ervaring is van geen waarde nie. Die antwoorde is alreeds deur jou besluit.

Daar is weer die bespreking van die Mandela-fonds en die antwoord klaar deur jou formuleer, "Mandela se stigting het tot op hede meer as genoeg inkomste gegenereer om derduisende arm drenkeling kinders se lewens te verander. Dit het hulle NIE gedoen nie maar met slim boekhouding eerder bloot geld rondgeskuif".

Verstommend dat dit aangebied word as weereens vars nuus, komend van Oester, die waarheid en niks anders as die waarheid.

Dit is net te uitputtend om lyn vir lyn antwoorde te bied.

Daarom net sommige ander punte.

Internet het goedkoper geword en is dit dalk die pad wat gevolg met tegnologiese ontwikkeling. Vir die prys van drie jaar terug is die data wat nou gebied 20 keer in volume.

Tolgelde, het jy die oproer daaroor in Gauteng en nou Kaapstad gelees. Daar word nie net gesluk nie.

Hospitale, vir die wat nie private hospitale kan bekostig nie, is daar dus sorg. Die voorgestelde Nasionale Gesondheidsdiens begin dit aan te spreek.

Dan die nuus oor korrupsie. Die media doen tans ’n goeie taak om die nuus oor korrupsie te breek net soos die regte openbare beskermer verdoemende beslissings al gepubliseer het.

Nuus, nie komende van engel Gabriël nie, maar nog steeds nuus wat jy kan gebruik om sin te maak van die werklikheid hier.

Jan Rap bied ’n goeie opsomming:

Kyk maar na die transaksies en kontrakte ("tenders" soos hulle dit noem) van die staat en semi-staatsinstansies, ’n geknoeiery van die eerste water. Die polisie huur kantoorblokke vir miljoene, ’n minister gaan op staatsonkoste vir sy meisie in ’n Switserse tronk kuier, die Jeugliga hou paartie en rig skade aan op belastingbetalersgeld ...

En dan:

The ideas of economists and political philosophers, both when they are right and when they are wrong, are more powerful than is commonly understood. Indeed the world is ruled by little else. Practical men, who believe themselves to be quite exempt from any intellectual influence, are usually the slaves of some defunct economist.

Oordink dit dude.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top