"Obsessie" deur Gerhard Beukes

  • 0

Obsessie

Huiwerend, met 'n wanbegrip van tyd
Botsing van woorde wat jy nou moet pleit
Jy bly in jou lugkasteel, van laslappies, seerkry en weggooi
Van paaie loop tussen wit gange van verlate
en uit gesoekte hartseer
Nou bly jy weg van my, ver weg van my
En ek wag nog vir ons oomblik "until we meet again"

My gevoelens, ongevoelig-meedoenloos-ongenadig oopgeskeur
Uitgeloop, gevloei soos riviere uit jou deur
Wangedrag van jou rooiwyn depressie
Wat het van ons geword,
of bly jy maar net 'n obsessie?
Alleen met jou een-gesig-no-reply-woorde
Van Heros, troebadoere en maanskyn akkoorde

Nou vermy jy mense in wit baadjies.
Jy sit aldag en praat met jou deurskynende maatjies
Jou arms al orals vol gatjies
En nou soek jy comfort op die hoeke van sypaadjies

Tyd se paaie is krom en skeef
Jou messed-up wêreld waarin ek leef
'n Half aangeplakte lag, caviar en bliksem weer
Jy's 'n all-in-one lucky packet en nog meer
Dis al 10-oor-slaaptyd
En jy bly my vermy, ver weg van my
En ek droom nog van ons oomblik "untill we meet again"

Kom gooi jou pennies in my wishing-well,
En bid vir ons in die gebreekte magic spel
Maar hou dit net stil, want ons het 'n crowd
En nou is dit nog net die oë wat lag,
Want jou trane is klip, maar jou hart is sag
En waar slaap jy vanaand?
Met jou late-night-shift-verbeelding tot laat in die aand

Nou vermy jy mense in wit baadjies
Jy praat aldag met jou deurskynende maatjies
Jou arms al orals vol gatjies
En nou soek jy comfort op die hoeke van sypaadjies
Als 'n gejaag na sy praaitjies
Net valse praaitjies

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top