Obama vir nog ’n termyn!

  • 2

Obama is die eerste Amerikaanse president wat ten gunste van gay-huwelike en die verskansing van gelyke gay regte in die VSA uitgespreek het. Ek wens hom dienooreenkomstig alle sterke toe vir ‘n verdere 4 jaar termyn in die Wit Huis.

Die magte van onkunde wat hier (selfs op SêNet) en oral die horlosie wil terugdraai na primitiewe en Middeleeuse-denke van vervolging en onderdrukking van gays voorstaan, is vinnig besig om te verdamp. Obama kan alleenlik sodanige kontroversiële stelling in ‘n presidensiële verkiesingsveldtog maak indien hy self voel dat dit veilig is om dit te kan doen, dat dit sy verkiesingsveldtog nie sal enigsins skaad nie, maar selfs verbeter. In sigself is dit ‘n aanduiding van progressiewe aanvaarding deur die Amerikaanse volk.

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Jup, dis beslis 'n aanduiding van progressiewe morele vervalling van die Amerikaanse volk.

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top