"Nuwejaarswens" deur Petri Jacobs

  • 0

Nuwejaarswens

Verlig vir my die Oujaar, dan
brand vir my ? spierwit kers se vlam
Waar jy ver oor die see uitstaar
dalk spoel ? golf my hart tot daar

Om tussen sterre, skulp en see
? vreugde-oomblik terug te gee
Verlig vir my die Oujaar, dan
brand vir my ? bloedrooi kers se vlam
Terwyl jy ? glasie klink, of twee
en wens vir my ? wens daarmee

Ek sal hier ver in die binneland
ook vir jou ? kersie brand
Verlig vir my die Oujaar, dan
brand vir my ? potblou kers se vlam
En neurie ? liedjie lank vergeet
waarvan net jy die woorde weet

Besweer so die aaklige vrees
dat die nuwe jaar erger as die oue gaan wees
Verlig vir my die Oujaar, dan
brand vir my ? silwer kers se vlam
Roep net een keer weer my naam
hardop oor die maanverligte oseaan
Miskien weerklink dit in my hart
en verdryf die nuwe jaar se smart

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top