"Nuwejaar" deur Willie Louw

  • 0

Nuwejaar

Soos ek die nuwejaar inwag
Soos ek die aand laat gaan
Ontmoet ek ’n man sonder ’n naam
Hy is net ? carguard
Maar soos ek met die man praat
sien ek hy kom al ? lang pad
Ek hoor sy bors is swak so ek gee hom ? sigaret
en hy vra of ek vir hom 2 rand virrie taxi het

KOOR:
Nuwejaar saam't ? carguard
laat my wonder hoe ek vir nog kan vra
Dit laat my wonder hoe ek so baie kan kla
Want die carguard kom dan met so min klaar

Hy rook die voorblad van die plaaslike koerant
Hy se hy kan nie lees nie maar hy weet wat gaan aan
Die politicians baklei al vandat hy kind was
Die klok slaan 12 en ek gee hom nog ? Camel
Hy se "Dankie bra, dié goed smaak soos die hemel
Mag die Jirre jou seën innie Nuwejaar
en vir jou als gee waarvoor jy vra"

KOOR

En dié jaar wil ek soos ? carguard wees
Ek wil die nuus rook, in plaas van lees
Ek wil ophou kla oor alles wat my pla
en ek wil meer net se "Dankie bra"

KOOR

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top